MATTHÉÜS 7:12-14 AFR53
12. Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
13. Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
14. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
***
Kern gedeelte:
"en daar is min wat dit vind"
Om GOD te dien moet ons somtyds die keuse maak om die pad alleen te stap, want nou is die pad en min sal dit vind.
Die harde realiteit is dat niemand gaan saam met ons staan wanneer ons voor die Witroon oordeel van GOD gaan staan nie.
Vriende, familie, eggenote of besigheids vriende wat jou van die pad af gelei het, gaan nie namens jou verantwoording doen nie.
Maak jou keuses en sny jou af van die dinge van hierdie wêreld, verloor eerder nou wat jy moet verloor deur jou keuse om GOD te dien, as wat jy jou siel verloor in die ewige verderf.
Elke aksie het 'n reaksie, en elke keuse het 'n nagevolg.
Kies dus om die pad saam met GOD te stap, kies om op die nou pad te bly en laat die ander hulle eie keuses maak.
-------
GEBED.
VADER, waar ons vanoggend voor U staan weet ons waar ons begin dwaal het, ken ons die keuses wat ons gemaak het wat ons weggelei het van ons dieper verhouding met U. Ons kan die skuld pak op wie ons wil, maar aan die einde van die dag was dit ons keuse. Gee ons asb die krag om hierdie keuse terug te draai, reg te maak sodat ons weer binne U Wil vir ons lewe, kan lewe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons sonde, van ons swak lewens keuses.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






