ROMEINE 5:19, 21 AFR53
19. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
21. sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
***
Kern gedeelte:
"deur die geregtigheid tot die ewige lewe"
Mense verskil met my wanneer ek sê dat Mattheus 6:33 is vir my die kern gedeelte van GOD se Woord oor hoe ons moet leef!
Soek eers die koningkryk van GOD en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word!
As jy nie JESUS CHRISTUS, aanvaar het as jou Verlosser en Saligmaker nie, as jy GOD nie liefhet met jou hele hart, hele siel en hele verstand nie, en jou medemens hanteer binne GOD se onpartydige opregtheid nie, dan kan jy die kerk banke volsit van Dinsdag tot Dingaan's dag, en dit gaan jou niks baat nie.
Ons kan nie GOD in waarheid dien as ons daagliks ons medemens vertrap nie.
Die boodskap is duidelik:
soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur JESUS CHRISTUS, onse HERE.
Oordink hierdie woord, bid daaroor en laat die Heilige Gees die sluier voor ons oë verwyder.
-------
GEBED.
VADER, U Woord is so eenvoudig dat selfs kinders dit kan verstaan, maar ons kompliseer alles, ons gaan soek wat nie daar moet wees nie, ons dwaal in ons verhouding met U, en verwaarloos ons verhouding met ons medemens. Ons weet en besef nie dat U Tien Gebooie juis vir hierdie doel vir ons gegee is nie, want daarin omskryf U, hoe ons in verhouding met U moet staan en hoe ons, ons medemens moet behandel.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die skille van ons oë sal verwyder sodat ons die Waarheid van U Woord kan sien en verstaan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107






