ROMEINE 4:17 AFR53
17. soos geskrywe is: Ek het jou 'n vader van baie nasies gemaak — voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.
***
Kern gedeelte:
"roep asof hulle bestaan"
Jou gesindheid bepaal jou toekoms, en jou spraak jou realiteit.
Solank as wat jy aanhou om dood, armoede, mislukking, verwarring en verdeeldheid oor jou lewe, jou huwelik, finasies en kinders te spreek, sal dit so wees!
Maar as ons, ons gesinheid verander, ons gedagte-gang van ons spraak verander, sal jou realiteit begin verander.
Selfs in moeilike tye, gee aan GOD die eer, dank Hom vir hierdie nuwe dag, want dit opsig self is weer 'n nuwe geleentheid.
Ek sê dit weer, jou woorde word jou realiteit, en of jy glo dat jy dit kan doen, en of jy glo dat jy die nie kan doen nie, in beide gevalle is jy reg!
Daarom, van vandag af, roep die dinge wat nie bestaan nie asof dit reeds bestaan.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat ons hierdie week, met hierdie boodskap kan begin, 'n boodskap van oorwinning deur die woorde van ons mond. Laat ons vandag opstaan en verklaar dat ons geen grondgebied verder aan die "verderwer" sal afstaan nie, maar dat ons sal terugneem wat ons reeds deur ons negatiewiteit afgestaan het. Laat U Heilige Gees ons leer hoe om woorde van oorwinning, tot lewe te spreek.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n nuwe lied in ons mond.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107






