ROMEINE 1:24-27 AFR53
24. Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer
25. hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
26. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
27. en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
***
Kern gedeelte:
"en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang"
So dikwels kom ek mense teë wat nie ontvanklik is vir die Woord van GOD en nie luister, of belangstel in die Evangelie van JESUS CHRISTUS nie.
Praat gaan nie help nie, want hulle verstand is verduister vanweë die hart-heid van hulle hart.
Spreekwoordelik is dit soos water op 'n eend se rug, dit dring nie in nie en dit maak geen verskil nie.
Maar soos ek altyd sê, die persoon moet maar eers deur die meule van die lewe gaan en wanneer die vere mooi deurmekaar gevryf is, sal die Lewende water van die Heilige Gees orals indring.
Dan sal die persoon besef wat die woorde beteken wat sê:
en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang!
-------
GEBED.
VADER, in onself lê ons struikeling, omdat ons die skepsel bo ons Skepper, Verlosser, en Saligmaker vereër. Ons bid en vra dat U met ons sal wees in ons struikeling, nie ons hand sal laat gaan nie, en wanneer ons gereed is, lei ons terug na die U Waarheid van U Woord, U Verlossing. Ontrek asb nie U Heilige Gees van ons nie, maar beskerm ons teen onself terwyl ons in ons dwaasheid wandel.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees die Waarheid van U Woord op ons hart sal lê.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






