JAKOBUS 4:13-16 AFR53
13. KOM nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak
14. julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.
15. In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
16. Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.
***
Kern gedeelte:
"julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie"
Die woord van GOD is baie duidelik dat ons nie in eie-roem, eie-wysheid moet lewe of op ons eie insig moet steun nie.
Maar tog, sonder om GOD te raadpleeg en leiding te vra in JESUS Naam, beplan ons weke en maande vooruit, maar maak dan op die oomblik impulsiewe besluit.
Ek sê nie dat alles wat jy besluit is verkeerd nie, maar vra dat jy GOD sal ken in elke besluit, elke saak en dat jy nie moet beweeg as GOD dit nie bevestig het nie.
Moenie roem op jou eie krag en alles wat jy môre sal vermag nie, want die dag van môre is ons nie gewaarborg nie.
Dank GOD vir vandag, en bid dat Hy jou en jou gesin sal spaar vir die dag van môre.
-------
GEBED.
VADER, ons wil so graag in beheer wees en U werk uit U hande neem. Ons lewe met die gedagte en lewens uitkyk dat die dag van môre vir ons gewaarborg is en ons besef nie dat elke asemteug slegs genade uit U Hand is nie. Dankie vir hierdie nuwe oggend, en dankie dat U Hand van beskerming oor ons is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal vooruitgaan in hierdie dag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






