JESAJA 41:13-14 AFR53
13. Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
14. Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die Here, en jou Losser is die Heilige van Israel.
***
Kern gedeelte:
"Wees nie bevrees nie, Ek help jou"
Almal is in paniek oor die brandstof prys wat opgaan, die geweld in die midde ooste, die konflik wat aan die broei is in die wêreld.
Maar hier is die vraag, wat kan ek en jy daaraan verander?
In eerste oogopslag is die antwoord niks nie, maar as ons stil raak voor GOD, hierdie sake in gebed voor GOD bring, dan verander sake.
Die oorlog in die wêreld sal miskien nie tot stilstand kom nie want hierdie dinge moet gebeur, maar die oorlog in jou gedagtes sal tot bedaring kom, want jy sal weet en ervaar, GOD is in beheer.
Dan sal jy die berusting ervaar wanneer GOD vir ons sê:
Want Ek, die HERE jou GOD, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou
-------
GEBED.
VADER, nie elke dag is dieselfde nie, soms gaan dit beter, maar dan kom daar dae wat ons voel dat ons alles te veel raak en ons is geestelik en ligaamlik uitgeput. Dit is wanneer ons vra dat U ons sal deurdra, die krag sal gee om elke uitdaging te oorkom. Dankie dat U in hierdie oggend vir ons bevestig dat ons nie moet vrees nie. Dankie vir U hulp en vir U hand van beskerming.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat oorweldig voel. Laat U Heilige Gees asb berusting bring.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






