EXODUS 40:34-35 AFR53
34. Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die Here het die tabernakel vervul,
35. sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
***
Kern gedeelte:
"en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul"
Elke oggend wat ons wakker word, is 'n seëning uit GOD se hand, want ons het nog iets om te doen ter ere van Sy Naam.
Daarom is dit bitter baie belangrik om jou hart oop te maak, skoon te maak sodat jy ook opnuut gevul kan word met die heerlikheid van JESUS CHRISTUS.
Wanneer jy bekleed is met die outoriteit wat GOD jou beklee het, is daar nie arrogansie, maar die krag van GOD wat in jou is, werk ook deur jou.
Dan brand die vuur in jou, dan skyn die Lig van JESUS CHRISTUS deur jou, en niemand kan dit van jou afneem nie.
Staan op, laat jou vervul met GOD se Heilige Gees, en laat die mense weet, jy is nou maar een 'n geseënde van GOD.
-------
GEBED.
VADER, in hierdie oggend is dit so duidelik dat die "verderwer" ons probeer vervul met die vrese van hierdie wêreld, maar U Woord sê dat ons oorwinaars is, en dat ons tot alles in staat is deur die krag wat U Seun ons gee. Gee ons asb die krag om ons harte skoon te maak, sodat ons met U Heilige vervul kan word.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vir nuwe krag, terwyl ons op U wag, want in U is ons vertroue.
Amen.






