ROMEINE 2:21-22 AFR53
21. jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?
22. Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?
***
Kern gedeelte:
Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy?
Miskien is dit tyd dat ons eers voor ons eie deur vee, voordat ons ander op hulle foute wil wys en as ons eie huis nie in orde is nie, hoe wys ons 'n vinger na ander.
Vanoggend wil ek dit openlik sê, pasop vir diegene wat met die Bybel onder die arm loop, maar met die duiwel waar hy nie moet wees nie.
Dit is die persoon wat voorgee, dit is die persoon wat ander oordeel terwyl hulle self van die pad af is, self onder die tafel deurknoei, en ander mense van die pad af lei.
Met die woord van GOD op hulle lippe sal hulle jou besteel en beswader.
Deur voorgee lyk hulle soos wit geverfde grafte, maar van binne is hulle vol verrot.
-------
GEBED.
VADER, laat U Heilige Gees ons asb wys waar ons besig is om die pad byster te raak. Waar ons U nie in waarheid dien nie, maar 'n lewe van voorgee begin lewe. Ons is almal mens en ons maak foute, maar gee ons asb die wysheid om uit ons foute te leer sodat ons nie op U genade se rug sal ry nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die ware kleure van mense in ons lewe te voorskyn sal kom.
Amen.
-------
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






