I THESSALONICENSE 1:7-8 AFR53
7. sodat julle voorbeelde geword het vir al die gelowiges in Macedónië en Acháje.
8. Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.
***
Kern gedeelte:
"maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan"
Jy is nie geroep om met vrees deur die lewe te gaan nie, maar met die Krag van GOD, om in outoriteit te beweeg, en die Evangelie van JESUS CHRISTUS te verkondig, tydig en ontydig.
Moenie na spesiale plekke soek om GOD se Woord te verkondig nie, maar doen dit daar waar jy is, doen dit op elke plek.
Waar jy vandag geplaas is, wie jy ookal ontmoet, onthou dat GOD maak nie foute nie, iemand wag op 'n Woord en jy is gestuur om dit uit te dra.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons vanoggend daaraan herhinner, dat maak nie saak waar ons is nie, ons primêre taak is om U Woord uit te dra en die Evangelie van U Seun te verkondig. Gee ons asb die krag om nie terug te staan nie, maar dat ons vorentoe sal beur, in die krag van U Heilige Gees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Woord lewendig op ons lippe sal wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






