PSALMS 112:1 AFR53
1. Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
***
Kern gedeelte:
"Welgeluksalig is die man wat die Here vrees"
Ek wil nie graag iets byvoeg nie, maar wil uit die Woord lees hoe dit met 'n mens gaan wat GOD vrees, en sy gebooie onderhou.
* Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde
die geslag van die opregtes sal geseën word.
* Oorvloed en rykdom is in sy huis en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
* Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis, genadig en barmhartig en regverdig.
* Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, wat sy sake volgens reg besorg.
* Want hy sal nooit wankel nie, die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.
* Hy vrees nie vir slegte tyding nie, sy hart is gerus, vol vertroue op die Here.
* Vas is sy hart, hy vrees nie, totdat hy op sy teëstanders neersien.
* Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges, sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid, sy horing word verhoog in eer.
-------
GEBED.
VADER,
Dankie dat U ons vanoggend daaraan herhinner om in die respekvolle vrees van GOD te leef, U gebooie te onderhou en onpartydig opreg teenoor ons naaste te lewe. Laat U Heilige Gees asb vir ons wys waar ons die pad byster raak en nie volgens U Wil leef en optree nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding, Wysheid en Insig in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






