PREDIKER 12:13-14 AFR53
13. Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
14. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.
***
Kern gedeelte:
"Vrees God en hou sy gebooie"
Daar is soveel verwarring oor wat is reg en wat is verkeerd, en tog is die Woord van GOD so eenvoudig dat selfs 'n kind dit kan verstaan.
In Mattheus 6:33 staan geskrywe: Soek eers die Koningkryk van GOD en Sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
As jy GOD se gebooie noukerig lees en verstaan wat jy lees, sal jy in die eerste vier gebooie jou verhouding met GOD verstaan en in die laaste ses, die verhouding tussen mens en mens.
Dan begryp ons beter wanneer die Prediker sê:
Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
Moenie dat mense jou verwar nie, lees self GOD se Woord, spandeer tyd in gebed, en die waarheid sal jou vrymaak.
***
GEBED.
VADER, laat U Heilige Gees die sluier oor ons oë lig sodat ons die Waarheid vannU Woord kan sien en verstaan. Leer ons asb om weer te glo soos 'n kind en nie in twyfel te staan teenoor U beloftes nie, want U is 'n Waarmaker van U Woord. Laat die boodskap van U Evangelie nie by ons bly nie maar dat ons die waarheid van U Woord versprei met elke geleentheid.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir GOD geseënde lippe wat slegs die waarheid sal spreek.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






