FILIPPENSE 4:8-9 AFR53
8. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
9. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
***
Kern gedeelte:
"Bedink dit"
Watter gedagtes bedink jy tans oor jou lewe, jou gesin, jou finansies en jou gesondheid.
Negatiewe denke ly tot negatiewe dade, en wat jy glo sal vir jou so wees.
Daarom sê JESUS CHRISTUS vir ons,
Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
Maar ons glo ons gaan dit nie maak nie, ons glo ons is nie goed genoeg nie, ons glo nie eers meer dat hier hoop vir 'n toekoms in ons land is nie!
Laat ons vanoggend ons negatiwiteit voor GOD bely, sodat ons hierdie dag met 'n nuwe gemoed kan ingaan, met gedagtes van oorwinning, oorvloed, vrede en vreugde.
Doen dit sodat ons GOD van vrede ook met jou kan wees!
-------
GEBED.
VADER, soms beleef ons terugslag op terugslag, en in ons gemoed raak ons negatief want die "verderwer" die vader van die leuen sal vir ons bly sê, jy is nie goed genoeg nie, jy gaan dit nie maak nie! Maar U sê vir ons, U het reeds hierdie wêreld oorwin, en ons weet dat groter is Hy wat in ons is, as hy wat in die wêreld is. Dankie dat ek vandag my gesindheid en my uitkyk op die lewe kan verander.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees elkeen sal versterk wat oorweldig voel deur die probleme van die wêreld.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






