JOHANNES 3:15-17 AFR53
15. sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
16. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
17. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
***
Kern gedeelte:
"sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie"
Ons het absoluut geen verskoning nie, want vanoggend ontvang ons die bevestiging dat elkeen die geleentheid gegun word om die ewige lewe te verkry!
Laat ons ophou om swak verskonings te maak hoekom ons nog besig is met dit wat ons weghou van GOD se voete, ons beroof van ons geleentheid om gered te word.
Almal weet dat ons Verlosser Sy lewe gegee het aan die kruis sodat ons gered kan word.
En so is dit met ook met hierdie boodskap!
Ek kan die boodskap tot op jou skerm bring, maar die keuse is in jou hande.
Slegs jy kan die beluit neem en die eerte tree gee in ons Skepper se Verlossing plan, deur JESUS CHRISTUS, ons Verlosser en Saligmaker.
-------
GEBED.
VADER, ons is wel besus hiervan, maar elke dag gaan ons deur met die gedagte dat môre vir ons gewaarborg is. Ons ry op U genade se rug omdat ons nog die weë van die wêreld geniet en nie daarmee wil breek nie! Laat ons asb vandag 'n GOD geleide besluit maak, 'n besluit weg van die wêreld en binne U plan vir ons lewe. Laat ons asb in U roeping vir ons lewe begin beweeg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons sal aangryp sodat ons tot verhaal sal kom en wegdraai van die weë van die "verderwer".
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






