PSALMS 15:1-5 AFR53
1. Here, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?
***
Kern gedeelte:
"Here, wie mag vertoef in u tent?"
Vanoggend se teksvers gedeelte van die boodskap is kort, want ek het net die vrae ingesluit, maar die antwoord gedeelte soos hieronder gelys kom uit die res van Psalms 15.
• Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
* wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
* in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die Here vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
* wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie.
* Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.
Self ondersoek is aan die orde van die dag, want slegs elkeen van ons sal weet of ons in die teenwoordigheid van die HERE kan vertoef, en of die Heilige Gees welkom is by ons, in 'n hart gevul met die waarheid, onpartydige opregtheid en die liefde van GOD.
-------
GEBED.
VADER, U maak dit so duidelik in U Woord dat hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie. Daarom pleit ons vanoggend by U voete dat U ons sal rig deur die inwerking van U Heilige Gees om ons tekortkomimge aan ons uit te wys. Ons weet dat elkeen van ons eiewys is, in ons eie oë en daarom kan ons die splinter in 'n ander se oog sien maar die balk in ons eie oog kyk ons mis.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal rig na 'n lewe van onpartydige opregtheid.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






