II THESSALONICENSE 3:6 AFR53
6. Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
***
Kern gedeelte:
"dat julle jul onttrek aan elke broeder"
Vanoggend se boodskap mag dalk kontreversioneel wees want soms verstaan ons dit verkeerd!
Ons glo dat hierdie teksvers net van toepassing is onder vriende en vreemdes wat ons lewenspad kruis.
Maar dit gaan dieper as dit!
Dit beteken nie dat as iemand familie is, dat hulle kan leef soos hulle wil en maak soos hulle wil nie.
As jy met die persoon gepraat het, 'n lewe na GOD deur JESUS CHRISTUS aan hom of haar verduidelik het, en hulle gee nie gehoor nie, ontrek jou van hulle, gee hulle die geleentheid om hulle eers van hulle wêreldse weë te bekeer, voor jy hulle weer in jou lewe en huis toelaat!
Miskien is die boodskap nie wat jy wil hoor nie, maar jy kan nie toelaat dat familie jou lewe, jou huis, gesin en jou toekoms verwoes ter wille van hulle wêreldse selfsugtigheid nie.
-------
GEBED.
VADER, U weet dat familie is maar 'n moeilike saak want as ons nee sê, is ons verkeerd en maklik word die hele familie teen ons opgesteek, draai almal so maklik teen ons. Gee ons die krag om op te staan, nee te sê, ongeag die nagevolg, want nie een van die wat nou teen ons draai gaan saam met ons staan in die dag van oordeel nie. Elkeen gaan verantwoording doen vir sy eie dade, en laat ons juis vir hierdie rede, vandag die besluit maak.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir helderheid van verstand om die regte keuses te kan maak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






