I THESSALONICENSE 4:3, 6-8 AFR53
3. Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;
6. dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
7. Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
8. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.
***
Kern gedeelte:
"Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God"
Vanoggend se onderwerp gaan oor dit wat absoluut normaal geword het in ons kultuur, gemeensakppe en selfs huwelike.
Ek kan vanoggend boek-dele skryf oor hierdie onderwerp, maar ek glo almal wat hierdie lees verstaan Afrikaans en 'n goeie begrip het net 'n halwe woord nodig.
Daarom, kom ons lees weer:
* Want dit is die wil van God
* julle heiligmaking
* dat julle jul moet onthou van die hoerery
* hy wat dit verwerp
* verwerp nie 'n mens nie, maar God.
As die woorde jou grief, die Woord van GOD onderhandel nie oor hierdie saak nie.
En soos die spreekwoord gaan, as die skoen pas, trek hom aan!
-------
GEBED.
VADER, orals op ons telefone, tv's, films en selfs die leringe in ons skole is besig om ons kinders van jongs af leer dat dit die aanvaarbare norm is. Beskerm asb ons huwelike teen die aanslae van hoerery sodat ons, ons kinders nie net kan rig in U weë nie, maar dat ons as ouers hulle deur voorbeeld sal lei as 'n GOD vresende huweliks-maats.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons harte en huwelike suiwer sal hou deur die inwerking van U Heilige Gees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






