OPENBARING 22:10-12 AFR53
10. En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.
11. Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
12. En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
***
Kern gedeelte:
"en wie vuil is, laat hom nog vuiler word"
Dit is nie ons plig of ons werk om iemand se lewe vir hulle te lei nie.
Nog minder moet ons 'n wrok dra, oor wat ander aan ons gedoen het, want slegs die persoon wat met onvergifnis in hulle hart rondloop word daardeur benadeel.
Wanneer jy GOD se Woord aan iemand oorgedra het, hom voorgestel het aan die Evangelie van ons Verlosser, JESUS CHRISTUS, het jy jou deel gedoen.
Woorde gaan nie verder help nie, elkeen van ons moes maar ons eie foute maak, ons kop aanhou stamp totdat ons begin luister het na die inwerking van die Heilige Gees, die aanraking van JESUS CHRISTUS, in ons lewe.
Daarom sê die Woord:
Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
--------
GEBED.
VADER, nie een van ons kan 'n vinger wys nie, en nie een van ons kan 'n ander oordeel nie, want daar was 'n tyd wat ons self ver van U verwyderd gelewe het. Ons bid vandag vir elkeen wat nog nie 'n ontmoeting met ons Verlosser gehad het nie, laat U Heilige Gees asb harte aanraak, verandering bring wat lei tot bekering.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat waar ons gaan, ons almal sal vertel van GOD se Liefde en die redding deur U Seun.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






