ROMEINE 1:11-12 AFR53
11. want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;
12. dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.
***
Kern gedeelte:
"dat ek saam bemoedig kan word onder julle"
Ek ervaar meer en meer dat mense net vir hulleself leef, want as mense bymekaar kom, is dit nie dat hulle mekaar opbou nie, maar mekaar eerder vermy in die geselskap, of probeer afbreek.
As dit die geselskap is waarin jy tans verkeer, is jou op die verkeerde plek, in die verkeerde geselskap.
Wanneer jy gevul is met GOD se Heilige Gees sal jy woorde spreek wat stig, en nie woorde wat afbreek nie.
Laat ons let op die woorde wat ons spreek, laat ons mekaar opbou, stig en versterk.
Dan sal ons saam bemoedig kan word deur die gemeenskaplike geloof in GOD en die Evangelie van Sy Seun, JESUS CHRISTUS.
Die wêreld hier buite het genoeg negatiewe te sê oor GOD se kinders, dat ons werklik nie nodig het om mekaar verder te ondermyn nie.
-------
GEBED.
VADER, in U kry ons die krag om mekaar te stig en op te bou, want ons weet dat een of ander tyd het almal hulp, ondersteuning, lyding en onderskraging nodig. Wanneer ons met mekaar spreek, laat ons opbou en nie afbreek nie, laat ons stig en nie verkleineer nie. Laat ons nooit op mekaar neerkyk nie, maar laat ons mekaar eerder ophelp as ons val.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal verwyder uit geselskappe waar ons nie moet wees nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






