JESAJA 59:1 AFR53
1. KYK, die hand van die Here is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;
***
Kern gedeelte
"die hand van die Here is nie te kort om te help nie"
Waar ons aan die begin van hierdie week staan, weet ek dat soos GOD ons deur die week wat verby is gehelp en gedra het, so sal Hy ons ook deur hierdie week wat voorlê help.
As jy moeg is, afgemat voel of net onseker, neem 'n oomblik en raak stil by GOD se voete, vertel jou Skepper van jou uitdagings en vra vir Sy voorsiening, laat Sy Wil gekied, want Sy planne vir ons is groter as dit wat ons vir onself kan uitdink.
Weet vandag dat Sy ore is nie te swaar om ons gebede te hoor nie.
--------
GEBED.
VADER, dankie vir die week wat verby is, nog 'n week wat U ons deurgedra het. Ons vra dat U in hierdie week deure sal open en werks geleenthede sal gee, sal voorsien waar daar nood is, en ons nederig by U voete sal hou. Laat ons nie steun op die arm van vlees nie, maar laat ons luister na die Leiding van U Heilige Gees. Beskerm ons asb teen die aanslae van die "verderwer".
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir U voorsiening.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0725104040






