SPREUKE 2:1-5 AFR53

March 20, 2026

1. MY seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,

2. sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

3. ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,

4. as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,

5. dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind


***


Kern gedeelte:

"as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar"


Vanoggend wil ek jou vra, het jy al die Woord aangeneem as die waarheid, en onderhou jy nog GOD se gebooie.

Ons as mens is so geneig om slegs gedeeltes uit GOD se Woord aan te neem, slegs dit toe te pas as die waarheid.

Maar die res wat ons nie pas nie vedraai ons, om by ons waarheid in te pas.

Dieselfde met GOD se gebooie wat ons hou wanneer dit ons pas, en verbreek wanneer dit ons nie pas nie.

Ons kan nie met een voet in die koningkryk van GOD probeer staan en met die ander voet in die wêreld nie.

Die boodskap is duidelik, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar, dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind.

Maar laat dit vandag elkeen se keuse wees.


-------


GEBED.


VADER, U Woord word reeds so verdraai ter wille van geld, en ons Bybels is so herskryf om by die wêreld aan te pas dat die skeidslyne tussen reg en verkeerd al dowwer word. Maar ons dank U dat ons deur die Heilige Gees gedryf word om U bo alles te dien, en die waarheid van U Woord na te speur. Help ons asb dat ons nooit deur die "verderwer" mislei en verblind sal word nie, maar dat ons sal vasstaan in U Woord.

In die Naam van Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal vrymaak van die strikke van hierdie wêreld!

Amen.


••••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

March 19, 2026
14. En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal. 15. Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal. *** Kern gedeelte: "maar jaag altyd ná wat goed is" Ek wil vanoggend nie veel verder sê nie, maar wil graag die res van die hoofstuk oor voorskrifte, wense en groete klaar lees soos gesrywe staan. * Wees altyddeur bly. * Bid sonder ophou. * Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. * Blus die Gees nie uit nie. * Verag die profesieë nie. * Beproef alle dinge; behou die goeie. * Onthou julle van elke vorm van kwaad. * En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Wie ore het, laat hom hoor! ------- GEBED. VADER, lewe en dood is in die mag van die tong en daarmee spreek ons seën en vloeke oor ander se lewe. Laat ons arrogansie asb nooit ander mense skade aan doen nie, laat ons, as ons praat, lewe spreek, U seëninge oor ander se lewe uitspreek, laat ons asb opbou en nie afbreek nie. Leer ons asb hoe om die vrug van U Gees uit te leef. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal beskerm teen onself, teen ons eiesinnigheid en hardkoppigheid. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 18, 2026
13. KOM nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak 14. julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. 15. In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen. 16. Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd. *** Kern gedeelte: "julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie" Die woord van GOD is baie duidelik dat ons nie in eie-roem, eie-wysheid moet lewe of op ons eie insig moet steun nie. Maar tog, sonder om GOD te raadpleeg en leiding te vra in JESUS Naam, beplan ons weke en maande vooruit, maar maak dan op die oomblik impulsiewe besluit. Ek sê nie dat alles wat jy besluit is verkeerd nie, maar vra dat jy GOD sal ken in elke besluit, elke saak en dat jy nie moet beweeg as GOD dit nie bevestig het nie. Moenie roem op jou eie krag en alles wat jy môre sal vermag nie, want die dag van môre is ons nie gewaarborg nie. Dank GOD vir vandag, en bid dat Hy jou en jou gesin sal spaar vir die dag van môre. ------- GEBED. VADER, ons wil so graag in beheer wees en U werk uit U hande neem. Ons lewe met die gedagte en lewens uitkyk dat die dag van môre vir ons gewaarborg is en ons besef nie dat elke asemteug slegs genade uit U Hand is nie. Dankie vir hierdie nuwe oggend, en dankie dat U Hand van beskerming oor ons is. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal vooruitgaan in hierdie dag. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 17, 2026
3. Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; 6. dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het. 7. Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. 8. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het. *** Kern gedeelte: "Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God" Vanoggend se onderwerp gaan oor dit wat absoluut normaal geword het in ons kultuur, gemeensakppe en selfs huwelike. Ek kan vanoggend boek-dele skryf oor hierdie onderwerp, maar ek glo almal wat hierdie lees verstaan Afrikaans en 'n goeie begrip het net 'n halwe woord nodig. Daarom, kom ons lees weer: * Want dit is die wil van God * julle heiligmaking * dat julle jul moet onthou van die hoerery * hy wat dit verwerp * verwerp nie 'n mens nie, maar God. As die woorde jou grief, die Woord van GOD onderhandel nie oor hierdie saak nie. En soos die spreekwoord gaan, as die skoen pas, trek hom aan! ------- GEBED. VADER, orals op ons telefone, tv's, films en selfs die leringe in ons skole is besig om ons kinders van jongs af leer dat dit die aanvaarbare norm is. Beskerm asb ons huwelike teen die aanslae van hoerery sodat ons, ons kinders nie net kan rig in U weë nie, maar dat ons as ouers hulle deur voorbeeld sal lei as 'n GOD vresende huweliks-maats. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons harte en huwelike suiwer sal hou deur die inwerking van U Heilige Gees. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 16, 2026
1. KYK, die hand van die Here is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; *** Kern gedeelte "die hand van die Here is nie te kort om te help nie" Waar ons aan die begin van hierdie week staan, weet ek dat soos GOD ons deur die week wat verby is gehelp en gedra het, so sal Hy ons ook deur hierdie week wat voorlê help. As jy moeg is, afgemat voel of net onseker, neem 'n oomblik en raak stil by GOD se voete, vertel jou Skepper van jou uitdagings en vra vir Sy voorsiening, laat Sy Wil gekied, want Sy planne vir ons is groter as dit wat ons vir onself kan uitdink. Weet vandag dat Sy ore is nie te swaar om ons gebede te hoor nie. -------- GEBED. VADER, dankie vir die week wat verby is, nog 'n week wat U ons deurgedra het. Ons vra dat U in hierdie week deure sal open en werks geleenthede sal gee, sal voorsien waar daar nood is, en ons nederig by U voete sal hou. Laat ons nie steun op die arm van vlees nie, maar laat ons luister na die Leiding van U Heilige Gees. Beskerm ons asb teen die aanslae van die "verderwer". In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir U voorsiening. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0725104040
March 13, 2026
19. En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. 20. En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee *** Kern gedeelte: "hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee" Waar jy jou vanoggend bevind, glo jy daadwerklik nog in GOD se belofte, of begin jy twyfel as jy na die omstandighede rondom jou kyk? Abraham het nie getwyfel nie, maar aan GOD die eer gegee. So ook wil ek vandag vir jou sê, laat ons nie twyfel nie, laat ons GOD dank en Hom die eer gee vir dit wat oppad is, te midde van twyfel en chaos. As GOD gesê het hy sal ons omstandighede, ons land en ons lewens verander, glo daarin, loof, prys en dank Hom daarvoor. Sit net vir 'n oomblik stil en kyk rondom jou hoe die winde van verandering reeds begin waai. Staan op, dank GOD, gee aan Hom die eer want sy jare lange beloftes is oppad. Bo alle twyfel, weet net dit: GOD is 'n waarmaker van Sy Woord! Wat GOD sê, sal so wees, en as GOD deure oopmaak gaan niemand dit toemaak nie. ------- GEBED. VADER, dankie vir die bevestiging, vir die verandering wat besig is om te gebeur in ons gesinne, ons lewe en ons land. Dankie dat U vandag bevestig, dat U in beheer is, en te midde van alles sal U ons deurdra, en U sal ons land weer maak, 'n GOD vresende land, 'n land wat oorlop van melk en heuning. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat alles in U tyd sal gebeur, en dat ons nie in twyfel sal struikel nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 12, 2026
13. Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. 14. Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die Here, en jou Losser is die Heilige van Israel. *** Kern gedeelte: "Wees nie bevrees nie, Ek help jou" Almal is in paniek oor die brandstof prys wat opgaan, die geweld in die midde ooste, die konflik wat aan die broei is in die wêreld. Maar hier is die vraag, wat kan ek en jy daaraan verander? In eerste oogopslag is die antwoord niks nie, maar as ons stil raak voor GOD, hierdie sake in gebed voor GOD bring, dan verander sake. Die oorlog in die wêreld sal miskien nie tot stilstand kom nie want hierdie dinge moet gebeur, maar die oorlog in jou gedagtes sal tot bedaring kom, want jy sal weet en ervaar, GOD is in beheer. Dan sal jy die berusting ervaar wanneer GOD vir ons sê: Want Ek, die HERE jou GOD, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou ------- GEBED. VADER, nie elke dag is dieselfde nie, soms gaan dit beter, maar dan kom daar dae wat ons voel dat ons alles te veel raak en ons is geestelik en ligaamlik uitgeput. Dit is wanneer ons vra dat U ons sal deurdra, die krag sal gee om elke uitdaging te oorkom. Dankie dat U in hierdie oggend vir ons bevestig dat ons nie moet vrees nie. Dankie vir U hulp en vir U hand van beskerming. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat oorweldig voel. Laat U Heilige Gees asb berusting bring. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings