I THESSALONICENSE 5:14-15 AFR53
14. En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.
15. Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
***
Kern gedeelte:
"maar jaag altyd ná wat goed is"
Ek wil vanoggend nie veel verder sê nie, maar wil graag die res van die hoofstuk oor voorskrifte, wense en groete klaar lees soos gesrywe staan.
* Wees altyddeur bly.
* Bid sonder ophou.
* Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
* Blus die Gees nie uit nie.
* Verag die profesieë nie.
* Beproef alle dinge; behou die goeie.
* Onthou julle van elke vorm van kwaad.
* En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Wie ore het, laat hom hoor!
-------
GEBED.
VADER, lewe en dood is in die mag van die tong en daarmee spreek ons seën en vloeke oor ander se lewe. Laat ons arrogansie asb nooit ander mense skade aan doen nie, laat ons, as ons praat, lewe spreek, U seëninge oor ander se lewe uitspreek, laat ons asb opbou en nie afbreek nie. Leer ons asb hoe om die vrug van U Gees uit te leef.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal beskerm teen onself, teen ons eiesinnigheid en hardkoppigheid.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






