NÚMERI 6:23-27 AFR53

March 25, 2026

23. Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê:

24. Die Here sal jou seën en jou behoed;

25. die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

26. die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

27. So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.


***


Kern gedeelte: 

"en Ék sal hulle seën"


Wanneer ek nie 'n defnitiewe boodskap ontvang waarmee ek Gees gelei voel nie, dan stuur ek niks uit nie maar gebruik eerder die geleentheid om die seën van die HERE oor jou lewe uit te spreek.

Ek spreek vanoggend GOD se seën oor jou lewe, jou eggenoot, jou gesin, jou kinders, jou huis, familie, vriende, gesondheid en finansies uit.

Mag GOD se guns in jou lewe groter wees as jou vyande se afguns.

Mag GOD se goedheid en guns al om teenwoordig wees in jou lewe.

Mag jy vandag jou vrede in GOD vind.


-------


GEBED.


VADER, in hierdie onseker tye waarin alles besig is om in chaos te verander, weet ons dat U Hand nooit te kort is om te help nie. Daarom spreek ons U seën oor U kinders uit. Ons bid nie alleen vir U seëninge in hulle lewe nie, maar dat U daadwerklik hulle lewens sal aanraak, verandering en genesing sal bring. Laat U Lig asb oor elkeen skyn.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vrede, vreugde vergenoegdheid, voorspoed en gesondheid.

Amen


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel:+27716283107

March 24, 2026
13. Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie — en ek is tot nog toe verhinder — sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene. **** Kern gedeelte: "en ek is tot nog toe verhinder" Gister, oppad huistoe sit ek en wag by 'n diens sentrum terwyl hulle die nood herstel van voertuig se remme doen. Terwyl ek sit en wag, kyk ek terug na my lewenspad, kyk ek hoe dikwels wou ek sekere dinge doen, maar is tot nou nog toe verhinder. Nou kan ek sien dat as alles uitgewerk het soos ek dit beplan het, sou dit waarskynlik 'n totale gemors gewees het. Ons probeer alles forseer in ons eiesinnigheid, maar GOD sal die deur toehou wat nie moet oop nie, soms tot ons eie beskerming en soms omdat dit nie binne Sy Wil vir ons lewe is nie. Een ding is seker, moenie dinge forseer wat nie werk nie, want ons skop teen die prikkels. As ons binne GOD se Wil beweeg, sal deure oopgaan, die Hand van GOD sal in die saak beweeg en alles sal uitwerk soos dit moet. Daar is 'n doel vir alles in die lewe! ------- GEBED. VADER, hoe dikwels probeer ons 'n pad van toe deure volg omdat ons nie binne U Wil wandel en na U stem luister nie. Ons forseer alles, gaan kompromieë aan, maak verkeerde besluite en dit alles oor iets wat nooit moes gewees het nie. Laat ons vandag besef, dat soms is stadiger, juis vinniger wanneer ons eers die tyd neem om in gebed to U te nader en te wag op U bevestiging deur die inwerking van U Heilige Gees voor ons beweeg. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir GOD geleide besluite in ons lewe, sodat ons nie langer teen die prikkels sal skop nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 23, 2026
6. Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie. *** Kern gedeelte: "dat julle jul onttrek aan elke broeder" Vanoggend se boodskap mag dalk kontreversioneel wees want soms verstaan ons dit verkeerd! Ons glo dat hierdie teksvers net van toepassing is onder vriende en vreemdes wat ons lewenspad kruis. Maar dit gaan dieper as dit! Dit beteken nie dat as iemand familie is, dat hulle kan leef soos hulle wil en maak soos hulle wil nie. As jy met die persoon gepraat het, 'n lewe na GOD deur JESUS CHRISTUS aan hom of haar verduidelik het, en hulle gee nie gehoor nie, ontrek jou van hulle, gee hulle die geleentheid om hulle eers van hulle wêreldse weë te bekeer, voor jy hulle weer in jou lewe en huis toelaat! Miskien is die boodskap nie wat jy wil hoor nie, maar jy kan nie toelaat dat familie jou lewe, jou huis, gesin en jou toekoms verwoes ter wille van hulle wêreldse selfsugtigheid nie. ------- GEBED. VADER, U weet dat familie is maar 'n moeilike saak want as ons nee sê, is ons verkeerd en maklik word die hele familie teen ons opgesteek, draai almal so maklik teen ons. Gee ons die krag om op te staan, nee te sê, ongeag die nagevolg, want nie een van die wat nou teen ons draai gaan saam met ons staan in die dag van oordeel nie. Elkeen gaan verantwoording doen vir sy eie dade, en laat ons juis vir hierdie rede, vandag die besluit maak. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir helderheid van verstand om die regte keuses te kan maak. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 20, 2026
1. MY seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar, 2. sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand; 3. ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, 4. as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, 5. dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind *** Kern gedeelte: "as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar" Vanoggend wil ek jou vra, het jy al die Woord aangeneem as die waarheid, en onderhou jy nog GOD se gebooie. Ons as mens is so geneig om slegs gedeeltes uit GOD se Woord aan te neem, slegs dit toe te pas as die waarheid. Maar die res wat ons nie pas nie vedraai ons, om by ons waarheid in te pas. Dieselfde met GOD se gebooie wat ons hou wanneer dit ons pas, en verbreek wanneer dit ons nie pas nie. Ons kan nie met een voet in die koningkryk van GOD probeer staan en met die ander voet in die wêreld nie. Die boodskap is duidelik, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar, dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind. Maar laat dit vandag elkeen se keuse wees. ------- GEBED. VADER, U Woord word reeds so verdraai ter wille van geld, en ons Bybels is so herskryf om by die wêreld aan te pas dat die skeidslyne tussen reg en verkeerd al dowwer word. Maar ons dank U dat ons deur die Heilige Gees gedryf word om U bo alles te dien, en die waarheid van U Woord na te speur. Help ons asb dat ons nooit deur die "verderwer" mislei en verblind sal word nie, maar dat ons sal vasstaan in U Woord. In die Naam van Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal vrymaak van die strikke van hierdie wêreld! Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 19, 2026
14. En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal. 15. Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal. *** Kern gedeelte: "maar jaag altyd ná wat goed is" Ek wil vanoggend nie veel verder sê nie, maar wil graag die res van die hoofstuk oor voorskrifte, wense en groete klaar lees soos gesrywe staan. * Wees altyddeur bly. * Bid sonder ophou. * Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. * Blus die Gees nie uit nie. * Verag die profesieë nie. * Beproef alle dinge; behou die goeie. * Onthou julle van elke vorm van kwaad. * En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Wie ore het, laat hom hoor! ------- GEBED. VADER, lewe en dood is in die mag van die tong en daarmee spreek ons seën en vloeke oor ander se lewe. Laat ons arrogansie asb nooit ander mense skade aan doen nie, laat ons, as ons praat, lewe spreek, U seëninge oor ander se lewe uitspreek, laat ons asb opbou en nie afbreek nie. Leer ons asb hoe om die vrug van U Gees uit te leef. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal beskerm teen onself, teen ons eiesinnigheid en hardkoppigheid. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 18, 2026
13. KOM nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak 14. julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. 15. In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen. 16. Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd. *** Kern gedeelte: "julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie" Die woord van GOD is baie duidelik dat ons nie in eie-roem, eie-wysheid moet lewe of op ons eie insig moet steun nie. Maar tog, sonder om GOD te raadpleeg en leiding te vra in JESUS Naam, beplan ons weke en maande vooruit, maar maak dan op die oomblik impulsiewe besluit. Ek sê nie dat alles wat jy besluit is verkeerd nie, maar vra dat jy GOD sal ken in elke besluit, elke saak en dat jy nie moet beweeg as GOD dit nie bevestig het nie. Moenie roem op jou eie krag en alles wat jy môre sal vermag nie, want die dag van môre is ons nie gewaarborg nie. Dank GOD vir vandag, en bid dat Hy jou en jou gesin sal spaar vir die dag van môre. ------- GEBED. VADER, ons wil so graag in beheer wees en U werk uit U hande neem. Ons lewe met die gedagte en lewens uitkyk dat die dag van môre vir ons gewaarborg is en ons besef nie dat elke asemteug slegs genade uit U Hand is nie. Dankie vir hierdie nuwe oggend, en dankie dat U Hand van beskerming oor ons is. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal vooruitgaan in hierdie dag. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 17, 2026
3. Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; 6. dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het. 7. Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. 8. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het. *** Kern gedeelte: "Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God" Vanoggend se onderwerp gaan oor dit wat absoluut normaal geword het in ons kultuur, gemeensakppe en selfs huwelike. Ek kan vanoggend boek-dele skryf oor hierdie onderwerp, maar ek glo almal wat hierdie lees verstaan Afrikaans en 'n goeie begrip het net 'n halwe woord nodig. Daarom, kom ons lees weer: * Want dit is die wil van God * julle heiligmaking * dat julle jul moet onthou van die hoerery * hy wat dit verwerp * verwerp nie 'n mens nie, maar God. As die woorde jou grief, die Woord van GOD onderhandel nie oor hierdie saak nie. En soos die spreekwoord gaan, as die skoen pas, trek hom aan! ------- GEBED. VADER, orals op ons telefone, tv's, films en selfs die leringe in ons skole is besig om ons kinders van jongs af leer dat dit die aanvaarbare norm is. Beskerm asb ons huwelike teen die aanslae van hoerery sodat ons, ons kinders nie net kan rig in U weë nie, maar dat ons as ouers hulle deur voorbeeld sal lei as 'n GOD vresende huweliks-maats. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons harte en huwelike suiwer sal hou deur die inwerking van U Heilige Gees. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings