ROMEINE 1:13 AFR53
13. Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie — en ek is tot nog toe verhinder — sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene.
****
Kern gedeelte:
"en ek is tot nog toe verhinder"
Gister, oppad huistoe sit ek en wag by 'n diens sentrum terwyl hulle die nood herstel van voertuig se remme doen.
Terwyl ek sit en wag, kyk ek terug na my lewenspad, kyk ek hoe dikwels wou ek sekere dinge doen, maar is tot nou nog toe verhinder.
Nou kan ek sien dat as alles uitgewerk het soos ek dit beplan het, sou dit waarskynlik 'n totale gemors gewees het.
Ons probeer alles forseer in ons eiesinnigheid, maar GOD sal die deur toehou wat nie moet oop nie, soms tot ons eie beskerming en soms omdat dit nie binne Sy Wil vir ons lewe is nie.
Een ding is seker, moenie dinge forseer wat nie werk nie, want ons skop teen die prikkels.
As ons binne GOD se Wil beweeg, sal deure oopgaan, die Hand van GOD sal in die saak beweeg en alles sal uitwerk soos dit moet.
Daar is 'n doel vir alles in die lewe!
-------
GEBED.
VADER, hoe dikwels probeer ons 'n pad van toe deure volg omdat ons nie binne U Wil wandel en na U stem luister nie. Ons forseer alles, gaan kompromieë aan, maak verkeerde besluite en dit alles oor iets wat nooit moes gewees het nie. Laat ons vandag besef, dat soms is stadiger, juis vinniger wanneer ons eers die tyd neem om in gebed to U te nader en te wag op U bevestiging deur die inwerking van U Heilige Gees voor ons beweeg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir GOD geleide besluite in ons lewe, sodat ons nie langer teen die prikkels sal skop nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






