ROMEINE 2:2-4 AFR53
2. En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.
3. En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?
4. Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?
***
Kern gedeelte:
"dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?"
Nee, jy het nie daarmee weggekom nie, maar jy leef tans in GOD se genade tyd, in 'n tyd waar jy die kans gegun word om die regte besluite te maak.
Jy word daagliks hieraan herhinner deur die Heilige Gees wat jou gewete aankla, maar soos Farao in die tyd van Moses, verhard jy jou hart telkemale.
Hier is die harde realiteit, geen uurglas loop vir ewig nie, die een of ander tyd gaan jou genade tyd uitloop.
Maak vandag die regte besluit, kies JESUS CHRISTUS as jou Verlosser en Saligmaker.
Kies, om gekies te word want so lief het GOD die wêreld gehad dat hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat ons nog 'n dag ontvang het, 'n dag waarin ons die regte besluite kan maak. Ons bid vanoggend vir die krag, wysheid, insig en vermoë om die keuse te maak, die dinge van die wêreld agter te laat. Laat ons keuse slegs een keuse wees, laat ons nie een sekonde langer op U genade se rug ry nie, maar laat ons op hierdie oomblik tot bekering kom en U Seun aanneem as ons Verlosser en Saligmaker.
In die Naam van ons Meester YESHUA, kom ons voor U voete en belei ons sondes, en vra dat U ons sal aanraak deur U Heilige Gees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107






