II PETRUS 2:11-13 AFR53
11. terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.
12. Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan
13. en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag 'n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul;
***
Kern gedeelte:
"in hulle verdorwenheid te gronde gaan"
Soveel leringe daar buite leer, dat as jy JESUS CHRISTUS met jou mond bely, sal dit met jou net goed gaan, en jy kan maar lewe soos jy wil, jy sal hemel toe gaan!
Voorspoed preke is seker nodig solank jy in mense se beursies en bank rekeninge wil inkom, maar dit gaan nie 'n siel red nie!
As jy met my verskil, laat dit so wees, maar die waarheid sal jou vrymaak.
Nee, ek is nie 'n doem profeet nie, maar sekere mense gaan die ewige lewe mis omdat hulle vals leringe navolg en nog in die weë van die wêreld vasgevang is.
Bekeer jou, aanvaar JESUS CHRISTUS as jou Verlosser en Saligmaker, draai jou weg van die sondes van die wêreld en lewe jou lewe gevestig in GOD.
Laat die wat nie wil luister nie, aanhou leef soos hulle leef en die loon van die ongeregtigheid ontvang.
-------
GEBED.
VADER, die waarheid is nie altyd mooi en sag op die ore nie, maar dit bly die waarheid van U Woord. Maak asb ons harte oop vir die waarheid, laat ons nie in ons gees, die waarheid onderdruk nie. U sê in U Woord, wees heilig want Ek is Heilig, en daarom kan ons nie in die goddeloosheid van hierdie wêreld voortleef nie. Gee ons asb die krag om ons van ons verkeerde weë te bekeer.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Waarheid in elke situasie na vore sal kom.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






