ROMEINE 7:19-20 AFR53
19. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
20. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
***
Kern gedeelte:
"maar die sonde wat in my woon"
Ons bly terug gaan na dit wat verkeerd, na die sondes van die verlede.
Ons is reeds skoongewas deur die bloed van JESUS CHRISTUS, maar dan gaan rol ons weer soos 'n skoongewaste vark in die modder.
Ek het al baie hieroor gesit en nadink, hoekom ons doen wat ons doen en dan kom Paulus vanoggend en verduidelik dit baie duidelik wanneer hy sê: dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
Dit is omdat ons nog sondes het wat ons koester, diep weggesteek het en van tyd tot tyd roep ons dit weer op!
Laat ons besef, Skoon is skoon, vuil is vuil, en ons is of die een of die ander.
Laat ons vandag ons sondes bely en plaas dit wat verby is in die verlede.
-------
GEBED.
VADER, voor U kom belei ons vanoggend ons sondes waaraan ons tot nou toe nog vasgeklou het. Gee ons asb die krag om te breek met die sondes wat ons nog gebonde hou. Ons vra dat U sal vrymaak deur U Seun, want dan sal ons waarlik vry wees. Laat ons nie weer sal swig voor die versoekings van die "verderwer" nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om op te staan en te lewe met U Naam op ons lippe.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






