MATTHÉÜS 26:38-39 AFR53
38. Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.
39. En Hy het 'n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
***
Kern gedeelte:
"nie soos Ek wil nie, maar soos U wil"
Ook in ons lewe sal daar tye kom wat sekere uitdagings bring, tye wat ons sal bid en vra VADER, as dit moontlik is, laat hierdie beker by ons verbygaan, nogtans nie ons wil nie, maar U Wil.
Een ding wat ek deur die verloop van baie jare geleer het, GOD maak nie foute nie!
Elke uitdaging, struikelblok, woestyn tyd en siekte wat ons moes oorkom, het ons net sterker gemaak, karakter gevorm en ons deursettings vermoë geleer.
Nie alleen dit nie, dit het ons ook geleer om nie sommer net te besluit nie, maar om GOD te ken in elke saak en op Hom te vertrou om ons deur te dra.
Maak nie saak wat jou probleem vandag sal wees nie, gee die eerste tree, en GOD sal jou die krag gee, Hy sal jou deurdra, maar jy moet volhard in Sy plan vir jou lewe.
-------
GEBED.
VADER, soveel keer stap ons weg van U plan vir ons lewe, mis ons die deurbrake wat U reeds vir ons voorberei het, omdat ons nie U plan vir lewe volg nie. Vandag kom ons voor U en vra, nie soos ons wil nie, maar soos U Wil, want ons weet dat U ons reeds tot hiertoe gedra het, krag gegee het, ons vesterk het. Daarom kan ons ook vanoggend sê, met my GOD loop ek 'n bende storm, met my GOD spring ek oor 'n muur.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om te volhard, en nie langs die pad op te gee nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






