FILIPPENSE 4:11-13 AFR53
11. Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
12. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
13. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
****
Kern gedeelte:
"Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee"
Nee, dit is nie jou einde nie!
Die wêreld mag reeds die oorwinning vooruit gesmaak het, maar GOD tree vandag vir jou in.
Nie deur jou krag nie maar deur Sy genade, deur Sy reddende regterhand want al val die regverdige sewe keer, agt keer sal hy opstaan.
Die stryd was nooit jou stryd om te stry nie, daarom wees still want GOD maak klaar wat Hy in jou begin het.
-------
GEBED.
VADER, waar ons tans is sien ons dalk nie die lig nie want die wêreldse probleme het ons oë en ons gemoed verduister. In hierdie oggend vra ons vir 'n nuwe dagbreek, in hierdie oggend vra ons vir hernuwe krag om op te staan in U Naam sodat U Lig deur ons sal skyn na 'n donker wêreld daar buite. Dankie dat U ons deurdra waar ons nie meer kan nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, verklaar ons 'n nuwe begin, verklaar ons GOD gegewe deurbrake en 'n nuwe pad saam met U.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






