MATTHÉÜS 3:1-3 AFR53
1. IN daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa
2. gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
3. Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
***
Kern gedeelte:
"Bekeer julle"
As jy vanoggend die boodskap lees of luister is jy deel van die bevooregtes wat nog in die lewe is, want soveel persone, waarskynlik met groot drome en ideale vir hulle lewe is nie meer met ons in hierdie nuwe jaar nie.
Almal van ons het nuwe jaar's voorneme en almal beplan wat ons graag wil doen en bereik.
Maar ons lewe is nie in ons eie hande nie, en ons volgende asemteug is nie gewaarborg nie!
Daarom wil ek ook vanoggend vra, bekeer julle, want die Koningkryk van die Hemele het naby gekom!
Moenie soek wat die heidene soek nie want GOD weet wat ons nodig het, maar soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
--------
GEBED.
VADER, ons besef vanoggend dat ons prioriteite vir die nuwe jaar dalk nie so reg is as wat ons gedink het nie want ons het U uit ons beplanning uitgesluit, en het net weer begin stap in 'n rigting wat dalk nie moet wees nie. Bring ons asb tot stilstand deur die inwerking van U Heilige Gees sodat ons eers ons prioriteite sal uitsorteer. In hierdie jaar vra ons dat U Woord 'n lamp vir ons voet en 'n lig vir ons pad sal wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om staande te bly in 2026.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






