MATTHÉÜS 2:12-14 AFR53
12. En omdat hulle in 'n droom 'n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad na hul land teruggegaan.
13. EN toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak.
14. Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek.
***
Kern gedeelte:
"in 'n droom 'n goddelike waarskuwing ontvang het"
GOD praat met sy kinders op verskeie maniere, maar ons let daar nie op nie.
Almal droom, maar nie alle drome het 'n betekenis nie.
Wanneer ons egter wakker word uit die droom en dit voel in ons geheue ingebrand is, jy kan nie van die droom vergeet nie, en in jou gees word jy gedurig daaraan herhinner, let dan op want dit kan 'n waarskuwing of besluit bevestiging wees.
Daarom sê die Woord vir ons in Job 33 vanaf vers 14-21 dat GOD met ons spreek deur naggesigte en krankheid met heerlike gevolge wanneer hy die seël van waarskuwing op ons druk om ons van ons verkeerde weë weg te hou.
As GOD ons waarsku deur die inwerking van Sy Heilige Gees, laat ons nie 'n dowe oor draai nie.
-------
GEBED.
VADER, U praat, maar ons luister nie en dikwels volg ons, ons eie kop deur ons eiesinnigheid. Ons word gedryf deur ons eie begeertes wat ons op die verkeerde pad lei en ons baie skade gaan berokken. Maak ons asb sensitief vir U Woord, en laat ons op U waarkuwings gehoor gee.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering en vir harte wat op U waarkuwing gehoor sal gee.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






