JOB 36:8-12 AFR53
8. Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,
9. dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;
10. dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
11. As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.
12. Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
***
Kern gedeelte:
"dat hul gedrag hoogmoedig was"
Soos die spreekwoord sê, hoogmoed kom voor die val.
Op ons lewenspad gee GOD aan ons verskeie waarskuwings en teregwysings deur mense, deur gebeure, deur die inwerking van Sy Heilige Gees, en as ons daarop nie let nie, ons nie bekeer van ons hoogmoedeid nie, bly daar net een opsie oor.
Wie nie hoor nie, moet maar voel!
Ons moet maar eers van ons troontjie afklim voor ons, op ons knieë voor GOD kan kom.
Eers wanneer ons, ons sonde van hoogmoed voor GOD belei, besef en erken dat GOD in beheer is, dat alles wat ons is, is net genade en alles wat ons het is net geleen, eers dan kan GOD ons weer oprig, weer plaas waar Hy ons wil hê in Sy groter plan.
Moenie meer van jouself dink as wat nodig is nie!
-------
GEBED.
VADER, ons bid vir nederigheid, nederigheid en nederigheid en as daar gedagtes van hoogmoed by ons opkom, laat U Heilige Gees ons asb daarop wys, Laat ons voete nooit die grond verlaat nie, maar hou ons nederig voor U.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U, dat ons in U genade mag leef.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107






