PSALMS 121:1 AFR53
1. BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
***
Kern gedeelte:
"waar sal my hulp vandaan kom?"
As jy ook aan die begin van hierdie week vra, waar sal my hulp vandaan kom, dan vra ek dat ons die res van Psalms 121 sal saamlees!
* Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
* My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
* Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
* Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
* Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
* Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
* Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
* Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.
--------
GEBED.
VADER, dankie dat U vanoggend bevestig dat U nooit sal faal en ons nooit sal verlaat nie. Soms voel ons alleen en as die wêreld teen ons draai, dan lewe ons in die wete dat U is steeds in beheer, en as ons val sal U ons oprig deur U reddende regterhand. Dankie dat U nie sluimer of slaap nie, maar dat U die enigste Lewende GOD is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir U krag en genade in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






