ROMEINE 6:16 AFR53
16. Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
***
Kern gedeelte:
"julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam"
Ons kan somtyds, sommige van die mense om die bos lei, maar ons kan nie altyd almal om die bos lei nie!
Een of ander tyd sal die krake begin wys en die donker van die sonde sal na vore kom!
Hoekom sal dit so wees?
Eenvoudig, as jy GOD dien met 'n volkome hart, deur JESUS CHRISTUS, sal die vrug van die Gees deur jou na vore kom, want jy is 'n dienskneg van GOD.
Die Lig van Verlossing sal deur jou skyn!
Maar as jy in die weë van die wêreld vasgevang is, jy nog in die mag van "verderwer" is, en jy nog gehoorsaam is aan sonde, dan sal dit een of ander tyd begin wys, want dit wat vuil is slaan een of ander tyd deur!
Dan word dit baie vinnig duidelik voor wie jy jou buig.
Die tyd is ons nie gewaarborg nie, en die keuse is vir elkeen om self te maak.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons vir nog 'n dag gespaar het! Dankie dat ons vandag kon opstaan met nuwe moed en krag om ons lewens-taak aan te pak. Vergewe ons asb ons dubbele tonge en 'n gees wat halfhartig op U gerig is. Laat dit asb tot ons deurdring wie ons Meester werklik is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om te breek met die sonde!
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






