I KORINTHIËRS 6:12-13 AFR53
12. ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.
13. Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.
***
Kern gedeelte:
"maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie"
Ek het vanoggend die "Seven sins" gaan naslaan en vertaal in Afrikaans.
Die lys van die sewe sondes is soos volg:
1. Wellus
2. Hebsug of vraatsug
3. Gierigheid
4. Luiheid
5. Woede
6. Afguns
7. Trots
Ek het vanoggend nie veel daaroor te sê nie, maar gebruik eerder die stiltetyd om in nabetragting na te dink oor watter een van die sondes my eie lewe beheer.
Laat elkeen vanoggend sy eie antwoord vind en in gebed voor GOD belei.
--------
GEBED.
VADER, niemand is perfek nie, en niemand is sonder foute nie, vergewe my asb my sondes, en gee my die krag om deur niks oorheers te word nie. Laat ons besef dat ons, ons liggame tot eer van U moet aanwend.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir bevryding van dit waarmee ons worstel.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






