I KORINTHIËRS 4:3-5 AFR53
3. Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur 'n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie,
4. want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here.
5. Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.
***
Kern gedeelte:
"Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel"
Ons is so vinnig om ander te oordeel terwyl ons nog self in GOD se oordeel staan.
Daarom sê GOD vir ons deur sy Woord, moenie oordeel nie, want met dieselfde oordeel wat jy mee oordeel, sal jy ook geoordeel word.
Weet net dit vanoggend, oral waar jy gaan sal jy deur mense geoordeel word en oral waar jy gaan sal daar altyd iemand wees wat 'n probleem met jou het.
Moenie daarop fokus nie want dit bring jou nie tot saligheid nie.
Fokus eerder daarop hoe GOD jou sien. Fokus daarop om daagliks meer en meer in GOD se geregtigheid, Sy onpartydige opregtheid te beweeg.
Dan sal jy ook kan sê, Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur 'n menslike regbank beoordeel word.
-------
GEBED.
VADER, in hierdie oggend ure kom ons voor U en ons vra vergifnis dat ons die splinter in ons broer se oog soek, terwyl ons die balk in ons eie oë nie sien nie. Ons vra vanoggend vir die krag, wysheid en insig om eers na ons eie foute en tekortkomimge te kyk, en op ons verhouding met U te fokus, voor ons ander wil oordeel.
In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons vir geopende oë wat ons eie foute sal raaksien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






