I KORINTHIËRS 12:18-20, 25 AFR53

November 24, 2025

18. Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.

19. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?

20. Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

25. sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.


***


Kern gedeelte:

"sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie"


Daar is soveel argumente oor die Woord van GOD, en dit gaan daaroor dat elkeen dink dat hulle is reg, hulle weet van beter, hulle wil hulle eie standpunt en siening afdruk op ander.

Die fokus moenie lê op die argument en twisvrae binne die kerk, binne die bediening nie, maar eerder of jy GOD liefhet met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand, en of jy die geloof in JESUS CHRISTUS bewaar.

As jou op die laasgenoemde fokus sal die geskille soos mis voor die son verdwyn en eenheid sal ontwikkel, en die gemeenskap van gelowiges sal mekaar ondersteun, nie omdermyn nie.


-------


GEBED.


VADER, daar is soveel verdeeldheid onder U kinders en dit gaan meestal oor die verwarring wat die "verderwer" in die bediening ingebring het. Laat ons asb vandag besef, U Woord bring lewe, U Woord bring eenheid, U Woord voeg saam, U Woord sal nooit verdeel nie. Laat ons asb van vandag af eerder op ons verhouding met U en ons Verlosser begin fokus, sodat verdeeldheid soos mis voor die son sal verdwyn.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van eenheid onder U kinders.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

November 25, 2025
35. Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord! 36. Toe het Job die Here geantwoord en gesê: 37. Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. 38. Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie. *** Kern gedeelte: "Kyk, ek is te gering" Dit is eers as ons in stille nabetragting na ons lewe terugkyk dat ons kan sien hoe GOD ons lewens gerig het. Hoe Hy ons deur die inwerking van Sy Heilige Gees beskerm het, ons van die verkeerde paaie afgehou het. Daar was tye dat GOD dinge toegelaat het om ernstig skeef te loop, om ons teen onself te beskerm, maar in die stormtyd was ons, soos Job ook te blind om dit raak te sien. Laat ons nie vandag GOD probeer bevraagteken nie, want ons ken ten dele, maar ons Skepper ken die Verlossings plan van die heelal. Laat ons eerder sê: Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? ------- GEBED. VADER, in die stryd, in die storm mag dit dalk voel of U ons verlaat het, maar soos met Job, is U hand van beskerming oor ons, hou U ons in die lewe, al val alles rondom ons in mekaar. Dankie vir die bevestiging vandag dat U ons nooit sal faal en nooit sal verlaat nie. Dankie dat U Hand van beskerming oor ons is, selfs waar ons dit nie kan sien nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat in hierdie oggend alleen, verlore en verstote voel. Versterk hulle asb in hulle gemoed. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 21, 2025
1. MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2. As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 5. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. *** Kern gedeelte: "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou" So dikwels begin ons die dag met die gedagte, wat nou en waarheen, of hoe gaan ek deur hierdie dag kom? Maar as ons terugkyk het die situasie homself uitgesorteer, die probleem het verdwyn, of deurbrake het gekom. Niks sal oor jou pad kom waarvoor jy nie die krag sal kry om dit te oorkom nie. Probleme is realiteit maar deur gebed sal jy krag kry om dit te oorkom. Dit mag vanoggend vir jou voel of die berg voor jou te groot is, maar die GOD wat ons dien is groter as die berg probleme voor jou. Daarom is die boodskap vanoggend: Wees nie bevrees nie want GOD is met jou! ------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig dat U ons nooit sal verlaat nie, en in elke situasie is U met ons, in elke situasie gee U ons krag en dra U ons deur. Laat U Heilige Gees ons hart versterk sodat ons nie deur vrees oorweldig sal word nie, maar dat ons standvastig sal wees in U Wil en U Weg, U plan vir ons lewe. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir oplossings en beskerming ook in hierdie dag. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 20, 2025
1. DAARNA het die Here Job uit 'n storm geantwoord en gesê: 2. Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? 3. Gord dan soos 'n man jou heupe — dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. *** Kern gedeelte: "dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My" Hoe dikwels wil ons GOD voorskryf en hoe dikwels wil ons GOD bevraagteken. Die oorsaak hiervan spruit uit ons eie foute, ons eie swak lewens besluite, ons ongehoorsaamheid aan die Heilige Gees. Miskien is dit tyd dat ons 'n tyd van stilte neem en in nabetragting ons lewens oordink waar GOD ons in 'n ander rigting moes instuur, juis om ons te beskerm teen onself. Om GOD te blameer vir dit wat in ons lewe skeefloop is baie maklik, maar weet, as jy een vinger probeer wys, wys daar drie vingers terug na jou. Miskien is dit tyd dat ons die heupe omgord, sodat GOD ons kan ondervra. ------- GEBED. VADER, om U en ander mense te blameer is baie maklik terwyl die fout eintlik by ons lê. Maar in ons hardkoppigheid en eiewysheid sien ons nie ons eie foute nie. Vergewe ons asb dat ons deurlopend die fout gaan soek in U Wil en U Weg vir ons lewe. Dat ons deurlopend ander wil blameer vir ons eie foute. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons eiesinnigheid. Beskerm ons asb teen onself. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 19, 2025
11. En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie. 12. Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God. *** Kern gedeelte: "maar alles is uit GOD" In soveel huwelike wil die een belangriker wees as die ander, en die een wil die ander domineer, terwyl leiding deur GOD se Woord, die huwelik bevestig. Ja die man is die hoof van die huis, soos Christus die hoof van die man is, maar as ons nie in en deur dit GOD in alles eerste stel nie, sal niks werk nie, sal alles tevergeefs wees. Ons dien 'n GOD van orde en die orde begin soos volg. GOD eerste en dan die res. As GOD die kern van ons huweliks verhouding is, sal geen aanslae ons uit ons wentel baan van huweliks standvastigheid verwyder nie. ------- GEBED. VADER, U ken ons swakheid, en U weet dat ons, onself belangrik wil laat ag, juis omdat ons onseker is oor onself, ons probeer opgeblase wees, juis omdat ons 'n swak selfbeeld het. Gee ons asb die krag om ons vrede in U te vind. Ons gee vandag die leisels aan U oor, laat U ons plaas in die posisie waar ons moet wees. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons vir genesing, redding en uitkoms waar dit vanoggend nodig is. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 18, 2025
20. Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. 21. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. 22. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy? *** Kern gedeelte: "en ook aan die tafel van die duiwels nie" Deur GOD se Woord is die boodskap vanoggend, maak jou keuse! Of ons dien GOD of ons dien die wêreld, daar is nie 'n middelweg nie. Ons wil Sondag oggend kerk toe gaan en een uur aan GOD afstaan, maar die ander 167 ure van die week leef ons nie net in die wêreld nie, ons leef voluit vir die wêreld! Ons kan nie ons brood aan beide kante ge-botter hê nie, dit is of een of die ander. Laat elkeen van ons vandag die keuse maak, die keuse is in niemand ander se hande nie, maar slegs in ons eie hande. ------- GEBED.  VADER, dankie dat U ons deur U Woord tot die realiteit terug ruk, sodat ons kan besef dat ons met een voet in die wêreld staan en met een voet in die kerk, maar ons ken nie U Seun nie, ons laat die inwerking van U Heilige Gees nie toe nie en ons GOD is nie ons prioriteit nie. Ons gee voor dat ons goeie mense is, maar ons is skynheilig in ons Gods-diens. Gee ons asb die krag om die regte om die besluit te maak en die besef dat ons met die nagevolg gaan saamleef. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die skille van ons oë sal afval sodat ons nie langer blind sal wees vir ons eie tekortkominge nie. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 17, 2025
1. BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? *** Kern gedeelte: "waar sal my hulp vandaan kom?" As jy ook aan die begin van hierdie week vra, waar sal my hulp vandaan kom, dan vra ek dat ons die res van Psalms 121 sal saamlees! * Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? * My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. * Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. * Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. * Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand. * Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. * Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. * Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. -------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig dat U nooit sal faal en ons nooit sal verlaat nie. Soms voel ons alleen en as die wêreld teen ons draai, dan lewe ons in die wete dat U is steeds in beheer, en as ons val sal U ons oprig deur U reddende regterhand. Dankie dat U nie sluimer of slaap nie, maar dat U die enigste Lewende GOD is. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir U krag en genade in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings