JOB 39:35-38 AFR53
35. Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!
36. Toe het Job die Here geantwoord en gesê:
37. Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.
38. Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.
***
Kern gedeelte:
"Kyk, ek is te gering"
Dit is eers as ons in stille nabetragting na ons lewe terugkyk dat ons kan sien hoe GOD ons lewens gerig het.
Hoe Hy ons deur die inwerking van Sy Heilige Gees beskerm het, ons van die verkeerde paaie afgehou het.
Daar was tye dat GOD dinge toegelaat het om ernstig skeef te loop, om ons teen onself te beskerm, maar in die stormtyd was ons, soos Job ook te blind om dit raak te sien.
Laat ons nie vandag GOD probeer bevraagteken nie, want ons ken ten dele, maar ons Skepper ken die Verlossings plan van die heelal.
Laat ons eerder sê:
Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord?
-------
GEBED.
VADER, in die stryd, in die storm mag dit dalk voel of U ons verlaat het, maar soos met Job, is U hand van beskerming oor ons, hou U ons in die lewe, al val alles rondom ons in mekaar. Dankie vir die bevestiging vandag dat U ons nooit sal faal en nooit sal verlaat nie. Dankie dat U Hand van beskerming oor ons is, selfs waar ons dit nie kan sien nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat in hierdie oggend alleen, verlore en verstote voel. Versterk hulle asb in hulle gemoed.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






