JESAJA 43:1-2, 5 AFR53

November 21, 2025

1. MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

2. As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

5. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.


***


Kern gedeelte:

"Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou"


So dikwels begin ons die dag met die gedagte, wat nou en waarheen, of hoe gaan ek deur hierdie dag kom?

Maar as ons terugkyk het die situasie homself uitgesorteer, die probleem het verdwyn, of deurbrake het gekom.

Niks sal oor jou pad kom waarvoor jy nie die krag sal kry om dit te oorkom nie.

Probleme is realiteit maar deur gebed sal jy krag kry om dit te oorkom.

Dit mag vanoggend vir jou voel of die berg voor jou te groot is, maar die GOD wat ons dien is groter as die berg probleme voor jou.

Daarom is die boodskap vanoggend:

Wees nie bevrees nie want GOD is met jou!


-------


GEBED.


VADER, dankie dat U vanoggend bevestig dat U ons nooit sal verlaat nie, en in elke situasie is U met ons, in elke situasie gee U ons krag en dra U ons deur. Laat U Heilige Gees ons hart versterk sodat ons nie deur vrees oorweldig sal word nie, maar dat ons standvastig sal wees in U Wil en U Weg, U plan vir ons lewe.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir oplossings en beskerming ook in hierdie dag.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

January 5, 2026
1. IN daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa 2. gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. 3. Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit! *** Kern gedeelte: "Bekeer julle" As jy vanoggend die boodskap lees of luister is jy deel van die bevooregtes wat nog in die lewe is, want soveel persone, waarskynlik met groot drome en ideale vir hulle lewe is nie meer met ons in hierdie nuwe jaar nie. Almal van ons het nuwe jaar's voorneme en almal beplan wat ons graag wil doen en bereik. Maar ons lewe is nie in ons eie hande nie, en ons volgende asemteug is nie gewaarborg nie! Daarom wil ek ook vanoggend vra, bekeer julle, want die Koningkryk van die Hemele het naby gekom! Moenie soek wat die heidene soek nie want GOD weet wat ons nodig het, maar soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. -------- GEBED. VADER, ons besef vanoggend dat ons prioriteite vir die nuwe jaar dalk nie so reg is as wat ons gedink het nie want ons het U uit ons beplanning uitgesluit, en het net weer begin stap in 'n rigting wat dalk nie moet wees nie. Bring ons asb tot stilstand deur die inwerking van U Heilige Gees sodat ons eers ons prioriteite sal uitsorteer. In hierdie jaar vra ons dat U Woord 'n lamp vir ons voet en 'n lig vir ons pad sal wees. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om staande te bly in 2026. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
January 2, 2026
12. En omdat hulle in 'n droom 'n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad na hul land teruggegaan. 13. EN toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak. 14. Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. *** Kern gedeelte: "in 'n droom 'n goddelike waarskuwing ontvang het" GOD praat met sy kinders op verskeie maniere, maar ons let daar nie op nie. Almal droom, maar nie alle drome het 'n betekenis nie. Wanneer ons egter wakker word uit die droom en dit voel in ons geheue ingebrand is, jy kan nie van die droom vergeet nie, en in jou gees word jy gedurig daaraan herhinner, let dan op want dit kan 'n waarskuwing of besluit bevestiging wees. Daarom sê die Woord vir ons in Job 33 vanaf vers 14-21 dat GOD met ons spreek deur naggesigte en krankheid met heerlike gevolge wanneer hy die seël van waarskuwing op ons druk om ons van ons verkeerde weë weg te hou. As GOD ons waarsku deur die inwerking van Sy Heilige Gees, laat ons nie 'n dowe oor draai nie. ------- GEBED. VADER, U praat, maar ons luister nie en dikwels volg ons, ons eie kop deur ons eiesinnigheid. Ons word gedryf deur ons eie begeertes wat ons op die verkeerde pad lei en ons baie skade gaan berokken. Maak ons asb sensitief vir U Woord, en laat ons op U waarkuwings gehoor gee. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering en vir harte wat op U waarkuwing gehoor sal gee. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
January 1, 2026
1. MY seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar 2. want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder. 3. Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart 4. dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense. *** Kern gedeelte: "MY seun, vergeet my onderwysing nie" Almal het sekere voorneme vir die nuwe jaar wat vandag begin het, almal wil graag beter doen en sekere dinge verander. As daar een ding is wat ek hierdie jaar wil doen is dit om GOD se Woord nie net te lees nie, maar in diepte uit te leef, en dit uit te leef sonder kompromie. Die wêreld druk al hoe harder en verwag dat ons as GOD se kinders net meer en meer moet agteroor buig. As ons nie staan vir iets in hierdie lewe nie, dan lewe ons vir niks. Staan op, neem 'n standpunt in, en lewe voluit vir GOD deur Sy Woord prakties uit te leef. Laat die wêreld sê en doen wat hulle wil, maar laat ons nooit GOD se onderwysing vergeet, of ons hart sy gebooie laat verbreek nie. -------- GEBED. VADER, in hierdie oggend kom ons voor U en vra vir 'n nuwe begin. Laat ons die seer en mislukkings van gister agterlaat en besef dat vanoggend is 'n splinternuwe dag, 'n splinternuwe begin. Laat ons die geleentheid aangryp om die pad hierdie jaar saam met U, binne U Wil te stap. Laat U Heilige Gees ons asb lei op die pad wat U behaag. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vrede, vreugde, voorspoed en gesondheid oor elkeen wat hierdie boodskap lees of luister. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 31, 2025
16. Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk. 17. As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie, 18. dat die Here dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie. *** Kern gedeelte: "Want sewe maal val die regverdige en staan weer op" Waar ons vanoggend hierdie boodskap lees, is ons aan die einde van 2025, nog 'n jaar is verby. Aan die begin van die jaar het ons waarskynlik gedink dat ons nie hierdie jaar sal deursien nie, en tog, hier is ons, GOD het ons daadwerklik deurgedra. So is die lewenspad, en daarom staan daar geskrywe sewe maal val die regverdige en staan weer op. Die krag wat jou oprig, wat jou laat opstaan kom die van die wêreld nie, maar van die Lewende GOD wat die hemel en die aarde gemaak het! Soos hulle in Engels sê, life might knock you down but is will never keep you down. En selfs waar ons vyande gestruikel het, het ons, onself nie daaroor verheug nie, maar GOD gevra om hulle deur te help sodat hulle nog die geleentheid gegun word om JESUS CHRISTUS as hulle Verlosser en Saligmaker aan te neem. ------- GEBED. VADER, dankie dat ons vanoggend die laaste dag van die jaar 2025 kan beleef, en die eer aan U kan gee. Waar ons nie meer kon nie, het U ons deurgedra, het U ons opgerig, sodat ons kon besef dat uit ons eie krag sou ons nie hierdie jaar kon deursien nie. Open asb ons oë vir ander se nood sodat ons die helpende hand kan uitreik na iemand wat dit nodig het. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir nog 'n jaar wat ons die pad saam met U kon stap. Amen. -------  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 23, 2025
7. En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. 8. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. 9. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. *** Kern gedeelte: "dat ek my nie sou verhef nie" Deur die verloop, die meule van die lewe, het ek geleer dat dit wat ek as my doring in my my vlees gesien het, dit wat my tot struikeling was, juis deur GOD daar geplaas is om my te beskerm teen myself. Sonder die gegewe probleem sou ek waarskynlik te vroeg begin beweeg het, meer voortreflik gewees het op tye wat omstandighede nie daarvoor gereed was nie. Persoonlike groei moes eers plaasvind, GOD moes deur hierdie doring in ons vlees ons karakter bou, en ons moes eers leer om dit te kan waardeur wat GOD later op ons pad sou bring. Baie persone wat vanoggend hierdie boodskap lees, sal hiermee kan identifiseer, waar hulle ook voel dat sonder hierdie probleem in hulle lewe sou hulle baie beter gedoen het, verder vooruit gewees het in die lewe. Maar as jy in stilte voor GOD terug kyk oor die saak, eers dan besef jy dat alles in die lewe het 'n seisoen, en tot nou toe was die seisoen nie reg nie. Al die leg-kaart stukkies van GOD se plan was nog nie in plek nie, omdat ons eers ons nederigheid voor GOD moes vind. Want as ons in nederigheid op ons knieë voor GOD bly, sal ons kan staande bly voor die ,"verderwer" teen sy planne om ons van GOD se plan te weerhou! ------- GEBED. VADER, vir jare lank reeds bid ons reeds oor hierdie doring in ons vlees, want in die begin het ons dit as 'n straf gesien maar namate die jare aangestap het, kan ons nou terugkyk en sien hoe U ons daardeur beskerm het omdat ons eers moes groei, eers sterker moes word om die probleme van die wêreld direk aan te spreek. Ek weet nou dat selfs met hierdie doring in my vlees het U ook 'n doel gehad. Dankie dat U hierdeur, my teen myself beskerm het. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir hierdie doring in ons vlees en elke probleem wat ons gehelp het om te laat groei en deurlopend sterker gemaak het. Amen. °°°°°°°°  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 22, 2025
5. Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus; 6. nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen 7. en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie, *** Kern gedeelte: "nie met oëdiens soos mensebehaers nie" Soveel van ons probeer nog die mens behaag deur ons optrede waar ons onself probeer voordoen wie en wat ons nie is nie. Maar as ons JESUS CHRISTUS ontmoet het, en geleer het om binne GOD se Wil te leef deur die Leiding van die Heilige Gees, dan verander sake. Wat die mense dan van ons dink, skeel ons min, en soos ons deur die Gees gelei word, so sal ons doen. Solank as wat ons bereid is om voor die opinie van mense te buig, sal ons nie in die Wil van GOD leef nie. As jy GOD in waarheid dien, is die keuse baie maklik. So, voor jy vanoggend voortgaan met dit wat jy wil doen, stop 'n oomblik en maak seker hoekom jy dit wil doen, wie jy wil behaag? ------- GEBED. VADER, ons trap so maklik in die slaggate van die lewe omdat ons die mens gunse wil doen, omdat ons die mens wil behaag sonder om daaraan te dink wat U Wil vir ons lewe is. Laat U Heilige Gees asb vanoggend op ons hart inwerk sodat ons sal wegdraai van ons weë, sodat ons U Wil sal kies bo alles in ons lewe. Vergewe ons asb ons menslike tekortkomeninge. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding en rigting in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings