SPREUKE 21:29-31 AFR53
29. Die goddelose trek 'n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.
30. Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die Here nie.
31. Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die Here.
***
Kern gedeelte:
"maar die oorwinning is deur die HERE"
Vanoggend is die woord, Wag op die HERE, want in Hom is jou oorwinning, deur Hom is jou krag en jou sterkte.
Moenie jou energie uitgee op die voorbereiding van die wêreld nie, maar wag op die HERE.
Jou oorwinning, jou deurbraak en jou genesing sal kom op die regte tyd, in GOD se tyd.
Niks voor dit nie en niks na dit nie.
Alles in goeie tyd, alles in GOD se tyd.
Daarom, wees nie bevrees nie!
As jy die verdêrwer voor jou sien uitvlug, sal jy weet dat dit is omdat hy GOD agter jou sien staan.
Dus, neem hierdie woorde saam met jou in jou hart:
Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.
-------
GEBED.
VADER, hier staan ons vandag in dankbaarheid voor U, met die wete dat sonder U kan ons niks doen nie, maar saam met U is ons tot alles in staat. Gee ons asb die wysheid en insig en geduld om te kan wag, die vermoë om U stem te kan hoor, sodat ons sal weet wanneer dit tyd is om saam met U te beweeg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal versterk in hierdie wagtyd.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107





