KOLOSSENSE 4:2-4 AFR53
2. VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging;
3. en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is,
4. dat ek dit openbaar kan maak soos ek dit behoort te spreek.
***
Kern gedeelte:
"VOLHARD in die gebed"
As sake tot op die gegewe oomblik nog nie verander het nie, moenie nou opgee of nou ophou bid nie, maar hou aan bid en waak daarin met danksegging.
Die deurlopende boodskap wat ek die hele oggend sover ontvang het is dat jy moet volhard in jou gebed.
Moenie met twyfel in jou hart bid aangaande sake nie, maar kom voor GOD met 'n versekerde verwagting, met die wete dat ons dien 'n GOD van wonders.
Die deurbrake sal kom soos GOD dit beplan het, op die regte tyd sal sake verander, mense tot inkeer kom, voorsiening sal plaasvind en genesing sal gegee word.
Volhard net in gebed.
-------
GEBED.
VADER, soms sak die wanhoop op ons neer, en die "verderwer" vul ons gedagtes met negatiewiteit, en verdonker ons lewens uitkyk met wanhoop, in 'n poging om ons weer te laat terugdraai na die weë van die wêreld. Ons bid vir versterking van ons gees, en dat ons opnuut sal besef Wie is in beheer van ons lewe. Laat ons verklaar dat U is ons Rots en ons Vesting, en deur U word sake en omstandighede verander.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir kalmte van gees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvamsamekoms.co.za
Sel: +27716283107





