‭MARKUS 14:71-72 AFR53‬

May 14, 2024

‬71. Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken nie daardie man van wie julle praat nie.

72. En vir die tweede keer het die haan gekraai; en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het: Voor die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën. En hy het in trane uitgebars.


***


Kern gedeelte:


"sal jy My drie maal verloën"


Vandag se oggend boodskap is miskien kortaf en tot die punt, maar die besef moet deurdring, en daarom die vraag?

Gaan jy vandag JESUS CHRISTUS verloën ter wille van vriende, omstandighede of die voordele van hierdie wêreld.

In kort, dit is 'n JA of Nee antwoord.

Maar hou in gedagte, as ons nie vir HOM is nie, is ons teen HOM.


-------


GEBED.


VADER, gee asb aan ons die krag en stanvastigheid om nie met die wêreld oor die Evangelie van U Seun te onderhandel nie. Laat ons vanoggend die besluit maak om op te staan, uit te staan en U Woord te verkondig orals waar ons mag gaan. Laat dit wees tydig en ontydig, laat dit wees soos dit U behaag.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat manne, vroue en kinders sal opstaan vir U Naam.

Amen.



•••••••

Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za

Sel: (+27)0716283107

May 2, 2025
1. TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê: 2. Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. 6. en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. *** Kern gedeelte: "die wat My liefhet en My gebooie onderhou" Soveel van ons wil GOD dien op ons terme. Ons wil net sekere van die gebooie onderhou, maar ander verdraai ons om ons te pas. As 'n sekere een van die gebooie ons nie pas, soek ons 'n rede hoekom ons dit nie kan toepas of onderhou nie. Ons skuil dan agter die massas van die wêreld en ons redeneer dat al die ander dit doen, en daarom doen ons dit ook. Die realiteit is, die massas van die wêreld gaan nie saam met jou voor die Wittroon oordeel staan nie. Elkeen gaan ALLEEN daar staan en verduidelik hoekom ons nie die gebooie onderhou het nie, hoekom ons GOD nie opreg gedien het nie, hoekom ons nie ons naaste in onpartydige opregtheid behandel het nie en hoekom ons nie die Evangelie van ons Verlosser verkondig het nie. ------ GEBED. VADER, ons kan in hierdie wêreld U geregtigheid verdraai, hier kan ons nog voorgee om U te dien, maar vir elkeen elkeen van ons is die uurglas van hierdie lewe besig om leeg te loop, en die tyd van rekenskap kom nader. Ons kan dit probeer uitstel, maar nie een gaan dit mis. Van ons elkeen gaan U rekenskap eis. Gee ons asb geopende oë wat die leuens sal sien, en ore wat die waarheid sal hoor. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons in die waarheid van U Wil en U Weg in ons lewe sal lei. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 1, 2025
12. Mag die Here jou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van die Here jou God te onderhou. 13. Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat die Here aan Moses oor Israel beveel het; wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie. *** Kern gedeelte: "Dan sal jy voorspoedig wees" So dikwels sê mense vir my, o maar jy is baie gelukkig, en meestal tot hulle verontwaardiging, kom die antwoord, Nee ek is nie gelukkig nie, ek is geseënd. Ek dien nie die geluks godin nie, maar wel die Lewende GOD. Of dit met jou goed gaan of slegs gaan, jy is nou maar een maal die geseënde van die HERE. Jou huidige situasie, terugslae of probleme bepaal nie jou emosionele welstand nie, want jou vreugde word nie deur die aardse skatte gedryf nie. Ongeag wat, jy dien GOD met jou hele hart, siel en verstand, en jou vreugde vind jy in die uitleef van Sy Woord. Daarom, sal jy geseënd wees! ------- GEBED. VADER, dankie dat my vreugde, vrede en voorspoed nie van hierdie wêreld is nie, maar in my verhouding met U. Dankie dat U ons, deur U Seun losgemaak het van die "geluk" wat hierdie wêreld bied. Mag ons verhouding met U daagliks verdiep, soos wat ons nader aan U beweeg deur die uitleef van U Woord. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons, ons vrede, vreugde en geluk in U sal vind. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 30, 2025
17. En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? Here, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as 'n plaag teen u volk nie. 18. En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van die Here. **** Kern gedeelte: "En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie" Soos die Woord ons waarsku, dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel! So ook met die sonde, eers begin ons klein en namate groei dit, tot die sonde in ons so groot word dat ons nie meer die vrymoedigheid het om tot GOD nader, om voor Sy voete te kom buig nie. Ons sondes is die daaglikse boublokke in die skeidings muur tussen ons en GOD. Voor ons besef is ons so verswelg deur ons sondige gewoontes, dat ons nie eers weet hoe om in gebed tot GOD te nader nie. Eers wanneer ons ware berou ervaar, besef ons dat GOD se genade is ook vir ons genoeg, besef ons dat genade bring die vrymoedigheid om te erken dat ons verkeerd was, en wanneer ons verantwoordelik aanvaar vir ons foute, ons wegkeer daarvan sal ons verhouding met GOD, deur JESUS CHRISTUS weer herstel word. Keer jou weg van die sonde, nader tot GOD en Hy sal tot jou nader. ------- GEBED. VADER, U ken die sondige gedagtes in my, die eerste tree wat ek besig is om te gee op die pad na verderf. Gee my asb die krag om dit vanoggend te belei, verantwoordelikheid daarvoor te neem, en dan daarvan weg te draai, sodat ek in vrymoedigheid deur U Seun tot U kan nader. Vergewe my asb my moedswillige sondes. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ek vir 'n hart wat my sondes openlik voor U kan belei en 'n gees van standvastigheid om my dan daarvan weg te keer, en die pad saam met U te wandel. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0725104040
April 29, 2025
35. En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. 36. En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? 37. Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. *** Kern gedeelte: "As u glo met u hele hart, is dit geoorloof" Ek persoonlik glo nie in die doop van massas mense wat deur die emosie van die oomblik meegsleur word nie. Mense wat nog nie in 'n verhouding met GOD staan en nie glo dat hulle Verlossing deur die aanneming van JESUS CHRISTUS sal wees nie, is nie daarvoor gereed nie. Die doop is 'n bevestiging van jou geloof in GOD, en die aanneming van JESUS CHRISTUS as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker. Dit word bevestig in GOD se woord wanneer Johannes skrywe: Elkeen wat bely dat JESUS CHRISTUS die Seun van GOD is - GOD bly in hom, en hy in GOD. Daarom het Fillipus aan hom die vraag gevra! Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. Moenie jou laat doop vir die verkeerde redes nie, anders word jy net nat. Wanneer jy Heilige Gees gelei, hierdie stap neem, is dit die bevesting van jou geloof in GOD, en die aanneming van JESUS CHRISTUS as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker. ------- GEBED. VADER, soveel besluite word in die hitte van die oomblik geneem, en dan glo ons dat ons gered is omdat ons gedoop is, terwyl ons nog nie in 'n verhouding met U staan, en nog nie U Seun as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem het nie. Laat U Heilige Gees ons hierin lei, en bevestig wanneer ons gereed is om hierdie stap te neem. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0716283107
April 28, 2025
4. Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! 5. Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. 6. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. *** Kern gedeelte: "Wees oor niks besorg nie" Vanaand se boodskap is duidelik op my hart gelê, en dit gaan oor dankbaarheid, oor vergenoegdheid. Die lewe gaan nie daaroor om te kry wat ons wil hê nie, maar om te wil hê, dit wat ons reeds het. Bekommernis onstel die hart in en bring negatiwiteit en ondankbaarheid na vore. Ons waardeer nie wat ons tans het nie, want dit word oorskadu deur ons soeke na meer. As jy vanoggend nog 'n dak oor jou kop het en 'n bord kos op jou tafel, wees dankbaar. As jy in dankbaarheid lewe sal jy vers 7 beter verstaan wat sê: En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. ------- GEBED. VADER, U Woord leer ons om te bid vir ons daagliks brood, maar in ondankbaarheid, bid ons vir maand of die jaar vooruit. U het in die woestyn U volk geleer om net genoeg Manna bymekaar te maak vir een dag, maar onmiddelik was daar diegene wat gejaag het na meer wat in vergryping gesondig het. Leer ons asb om in dankbaarheid voor U te staan vir vandag se voorsiening. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir harte van dankbaarheid. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0716283107
April 25, 2025
2. En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. 3. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; 4. maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord. **** Kern gedeelte: "Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat" Hoe dikwels raak ons vasgevang deur dinge, aktiwiteite wat nie primêr handel oor die Woord van GOD nie. Die "verderwer" sal absoluut seker maak dat geskille onstaan omdat jy dalk die bediening van mense nalaat, sodat jy nie op GOD se Woord, Sy Wil en Sy Weg kan fokus nie. As GOD jou stuur om sy Woord, Sy Boodskap uit te dra, die Evangelie van JESUS CHRISTUS te verkondig, sal Hy ook daarmee saam die nodige hulpbronne voorsien. Daarom wees aan GOD meer gehoorsaam as aan die mens, want deur die mens sal die aanslae van die "verderwer" na jou toe aankom. Ongeag wat, onthou in alles, en deur alles, weet dit. GOD SAL VOORSIEN. Wat moet ons dan doen? Ons moet volhard in die gebed en die bediening van die Woord! ------- GEBED. VADER, laat ons nooit die instruksie van U Seun vergeet, wat ons hoofdoel moet wees nie, Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Gee aan ons asb die nodige visie om nie van ons doel af te wyk nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U aan ons 'n gees van standvastigheid in U en U, Woord sal gee. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings