FILIPPENSE 4:4-7 AFR53
4. Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
5. Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
6. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
7. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
***
Kern gedeelte:
"Wees oor niks besorg nie"
Vanaand se boodskap is duidelik op my hart gelê, en dit gaan oor dankbaarheid, oor vergenoegdheid.
Die lewe gaan nie daaroor om te kry wat ons wil hê nie, maar om te wil hê, dit wat ons reeds het.
Bekommernis onstel die hart in en bring negatiwiteit en ondankbaarheid na vore.
Ons waardeer nie wat ons tans het nie, want dit word oorskadu deur ons soeke na meer.
As jy vanoggend nog 'n dak oor jou kop het en 'n bord kos op jou tafel, wees dankbaar.
As jy in dankbaarheid lewe sal jy vers 7 beter verstaan wat sê:
En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
-------
GEBED.
VADER, U Woord leer ons om te bid vir ons daagliks brood, maar in ondankbaarheid, bid ons vir maand of die jaar vooruit. U het in die woestyn U volk geleer om net genoeg Manna bymekaar te maak vir een dag, maar onmiddelik was daar diegene wat gejaag het na meer wat in vergryping gesondig het. Leer ons asb om in dankbaarheid voor U te staan vir vandag se voorsiening.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir harte van dankbaarheid.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107





