HANDELINGE 8:35-37 AFR53
35. En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
36. En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?
37. Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.
***
Kern gedeelte:
"As u glo met u hele hart, is dit geoorloof"
Ek persoonlik glo nie in die doop van massas mense wat deur die emosie van die oomblik meegsleur word nie.
Mense wat nog nie in 'n verhouding met GOD staan en nie glo dat hulle Verlossing deur die aanneming van JESUS CHRISTUS sal wees nie, is nie daarvoor gereed nie.
Die doop is 'n bevestiging van jou geloof in GOD, en die aanneming van JESUS CHRISTUS as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker.
Dit word bevestig in GOD se woord wanneer Johannes skrywe:
Elkeen wat bely dat JESUS CHRISTUS die Seun van GOD is - GOD bly in hom, en hy in GOD.
Daarom het Fillipus aan hom die vraag gevra!
Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.
Moenie jou laat doop vir die verkeerde redes nie, anders word jy net nat.
Wanneer jy Heilige Gees gelei, hierdie stap neem, is dit die bevesting van jou geloof in GOD, en die aanneming van JESUS CHRISTUS as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker.
-------
GEBED.
VADER, soveel besluite word in die hitte van die oomblik geneem, en dan glo ons dat ons gered is omdat ons gedoop is, terwyl ons nog nie in 'n verhouding met U staan, en nog nie U Seun as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem het nie. Laat U Heilige Gees ons hierin lei, en bevestig wanneer ons gereed is om hierdie stap te neem.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107





