I KRONIEKE 21:17, 30 AFR53
17. En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? Here, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as 'n plaag teen u volk nie.
18. En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van die Here.
****
Kern gedeelte:
"En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie"
Soos die Woord ons waarsku, dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel!
So ook met die sonde, eers begin ons klein en namate groei dit, tot die sonde in ons so groot word dat ons nie meer die vrymoedigheid het om tot GOD nader, om voor Sy voete te kom buig nie.
Ons sondes is die daaglikse boublokke in die skeidings muur tussen ons en GOD.
Voor ons besef is ons so verswelg deur ons sondige gewoontes, dat ons nie eers weet hoe om in gebed tot GOD te nader nie.
Eers wanneer ons ware berou ervaar, besef ons dat GOD se genade is ook vir ons genoeg, besef ons dat genade bring die vrymoedigheid om te erken dat ons verkeerd was, en wanneer ons verantwoordelik aanvaar vir ons foute, ons wegkeer daarvan sal ons verhouding met GOD, deur JESUS CHRISTUS weer herstel word.
Keer jou weg van die sonde, nader tot GOD en Hy sal tot jou nader.
-------
GEBED.
VADER, U ken die sondige gedagtes in my, die eerste tree wat ek besig is om te gee op die pad na verderf. Gee my asb die krag om dit vanoggend te belei, verantwoordelikheid daarvoor te neem, en dan daarvan weg te draai, sodat ek in vrymoedigheid deur U Seun tot U kan nader. Vergewe my asb my moedswillige sondes.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ek vir 'n hart wat my sondes openlik voor U kan belei en 'n gees van standvastigheid om my dan daarvan weg te keer, en die pad saam met U te wandel.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0725104040





