EXODUS 20:1-2, 6 AFR53
1. TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
2. Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
6. en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
***
Kern gedeelte:
"die wat My liefhet en My gebooie onderhou"
Soveel van ons wil GOD dien op ons terme.
Ons wil net sekere van die gebooie onderhou, maar ander verdraai ons om ons te pas.
As 'n sekere een van die gebooie ons nie pas, soek ons 'n rede hoekom ons dit nie kan toepas of onderhou nie.
Ons skuil dan agter die massas van die wêreld en ons redeneer dat al die ander dit doen, en daarom doen ons dit ook.
Die realiteit is, die massas van die wêreld gaan nie saam met jou voor die Wittroon oordeel staan nie.
Elkeen gaan ALLEEN daar staan en verduidelik hoekom ons nie die gebooie onderhou het nie, hoekom ons GOD nie opreg gedien het nie, hoekom ons nie ons naaste in onpartydige opregtheid behandel het nie en hoekom ons nie die Evangelie van ons Verlosser verkondig het nie.
------
GEBED.
VADER, ons kan in hierdie wêreld U geregtigheid verdraai, hier kan ons nog voorgee om U te dien, maar vir elkeen elkeen van ons is die uurglas van hierdie lewe besig om leeg te loop, en die tyd van rekenskap kom nader. Ons kan dit probeer uitstel, maar nie een gaan dit mis. Van ons elkeen gaan U rekenskap eis. Gee ons asb geopende oë wat die leuens sal sien, en ore wat die waarheid sal hoor.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons in die waarheid van U Wil en U Weg in ons lewe sal lei.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





