PSALMS 27:1-3 AFR53
1. Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
2. As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet — my teëstanders en my vyande, ja, myne — struikel hulle self en val.
3. Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.
***
Kern gedeelte:
"Al word 'n laer teen my opgeslaan"
Jy moenie bekommerd wees wanneer mense teen jou draai en kragte saamspan om jou te ondermyn nie.
Onthou GOD is in beheer, laat die geveg aan Hom oor.
Wanneer alles opgelyn is om jou ten gronde te rig, sal GOD jou verwyder uit die situasie, en die vyand sal teen mekaar draai.
Ons moenie uit weerwraak reg in eie hande probeer neem en ook betrokke raak by die ongeregtigheid van hierdie wêreld nie.
Hy jy net aan om voor GOD in onpartydige opregtheid te leef en sien hoe GOD verwarring en verwoesting in die laer van die vyand bring.
As jy vanoggend onseker voel, bring die saak voor GOD se voete en verklaar dan verklaar die volgende:
Die Here is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
-------
GEBED.
VADER, ons voel dikwels oorweldig deur alles en almal wat teen ons draai terwyl U deurentyd in beheer is. Ons twyfel omdat ons nie kan sien waar U reeds aan die werk is en sake in ons guns begin draai nie. Ek dank U vir die wete dat, hoe groter die oormag teen my is, hoe groter gaan die val in hulle eie midde wees, want U is my Lig en my Heil, vir wie sou ek vrees?
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U geregtigheid in elke saak sal geskied.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





