SPREUKE 25:21-23 AFR53
21. As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.
22. Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die Here sal jou dit vergelde.
23. Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat — kwaai gesigte.
***
Kern gedeelte:
"en die Here sal jou dit vergelde"
Hoeveel van ons word beperk, word ons teruggehou deur die "ek sal jou wys mentaliteit".
Wanneer ons in hierdie gesindheid van weerwraak lewe is ons fokus op die vyand en kyk ons die pad van voorspoed wat GOD vir ons uitgelê het totaal mis.
Ongeag of mense jou probeer ondermyn, jou probeer skade berokken, hou aan lewe in GOD se onpartydige opregtheid en behandel hulle goed.
Behandel hulle soos dit GOD behaag, en hulle eie weë sal op hulle hoof neerkom, en die gate wat hulle op jou pad gegrou het, sal vir hulle 'n strik word.
-------
GEBED.
VADER, ons is almal skuldig hieraan want ons glo nog die wraak kom ons toe, sonder dat ons besef dat hierdie tipe gedagtes beperk ons denke, en ons verhouding met U. Laat ons asb vanoggend besef dat ons eers vrylik vorentoe kan beweeg as ons die kettings van die verlede losmaak. Dat ons, op die pad vorentoe sal kan fokus as ons ophou terugkyk na die verlede. Bevestig asb aan ons die wete, dat die Here sal jou dit vergelde
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor elke situasie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





