SPREUKE 26:24-26 AFR53
24. Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.
25. As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.
26. Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
***
Kern gedeelte:
"As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie"
Die waarheid kan nie vir ewig weggesteek word nie, en die woorde van haat sal kortliks oorkook.
Naywer, jaloesie en haat is nog meer lewend in ons tyd as ooit tevore, en daarom is dit belangrik dat ons bid vir GOD se hand van beskerming en vir 'n gees van onderskeiding!
Sodat ons die mens sal sien vir wie, en wat hulle werklik is.
Intussen, wees maar versigtig, want die makste honde, byt die seerste.
Weet net dat wat die hart van vol is, loop die mond van oor, en daarom sal die sewe gruwels van haat wat in die hart rondgedra word, ook deur die woorde van die mond gespreek word.
-------
GEBED.
VADER, beskerm ons asb teen die vyand, van binne ons eie geledere, want ons ken nie die hart en intensies van die mens nie. Ons kan slegs op U vertrou om die waarheid openbaar te maak. Help ons asb om te let na die woorde wat ons spreek sodat ons nie in die strik van die verdêrwer sal trap, en die situasie versleg nie. Laat die klip wat in ons pad gerol word, na die persoon terugkeer wat dit beplan het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat geen wapen wat teen ons gesmee word, iets sal uirig nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





