PSALMS 91:5-7 AFR53
5. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
6. vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
7. Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie.
***
Kern gedeelte:
"Jy hoef nie te vrees"
Wat ons vrees, sal na ons toe aankom, en waaroor ons twyfel sal ons nie geluk nie.
Persoonlik glo ek dat vrees, is ons geloof in trurat, en dit vat ons weg van dit wat GOD vir ons lewe beplan het.
Dit weerhou ons van Sy doel vir ons lewe.
Daarom staan dit geskrywe in Spreuke 29:25, die vrees vir die mens span 'n strik, maar hy wat op die HERE vertrou sal beskut word.
Onthou, die regverdige sal deur geloof lewe, daarom staan op, kyk jou vrees in die oë en neem 'n stap vorentoe.
GOD sal voorsien.
-------
GEBED.
VADER, ons bely vanoggend dat twyfel en vrees ons somtyds tot stilstand bring. Ons word so daardeur verblind dat ons nie die pad vorentoe, die uitweg kan sien nie. Gee ons asb vanoggend die krag om die eerste tree te neem waar ons kan sien, mete die wete dat U in goeie tyd, die res van die pad sal verlig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons voetstappe in geloof sal bevestig.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





