EXODUS 23:20-22 AFR53
20. Kyk, Ek stuur 'n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.
21. Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom.
22. Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.
***
Kern gedeelte:
"sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees"
Die boodskap in vanoggend se teksverse is kristal helder en het geen verduideliking nodig nie.
Wanneer jy leiding van GOD ontvang, Sy Stem hoor en Hy jou rig op jou lewenspad, wees gehoorsaam, moenie wederstrewig wees, of in twyfel struikel nie.
Stap die pad voluit saam met GOD, en HY sal die Vyand van jou vyande wees, en die Teëstander van jou teëstanders wees.
As GOD vir jou is, wie sal teen jou wees?
-------
GEBED.
VADER, dankie vir hierdie bevestiging, dat al is die toekoms duister, die oormag groot, die pad onseker, is U met ons. Ons vra dat U ons sal rig, die pad sal wys, en sensitief sal maak op die inspraak van U Heilige Gees. Leer ons asb vandag om nie wederstrewig te wees en nie ons eie kop te volg nie. Lei U asb soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n nuwe rigting , en dank ons U vir elke gawe uit U Hand.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





